Sonneblomsaadjies Junie 2013- Des 2013
Voel jy 'n hongerte binne jou? 'n Leemte? Hierdie paar onderwerpe gaan baie oor die Manna waarop ons moet leef. Dit laat ons leef en 'n lig vir die wêreld skyn. Dit leer ons waar die regte pad is. Of voed jy op die offervleis van Baäl? Voed op die regte boom van die Lewe - Woord - en begin Goddelike vrug dra vir God.
Saturday, 30 November 2013
Die Woord as Swaard
Hierdie deel handel oor die Woord wat 'n skerp tweesnydende Swaard is wat uit die mond van God. God wil hê ons moet hierdie Swaard opneem sodat Hy deur ons kan werk...
Tuinier van jou hart
Hierdie gaan oor God wat die Tuinier is wat in elkeen van ons se harte wil saad saai. Maar eers moet Hy ons die gronde van ons hart kom skoonmaak en vrymaak van al die onkruid….
Soek die Koning se Hart
As jy 'n vrou is wat op soek is na ware liefde, soek eers die liefde van Jesus... Daar is absoluut geen beter liefde as die liefde van die Koning nie...
Word 'n skoon en bruikbare "vessel" vir God
God wil ons gebruik om SY hande en voete op aarde te wees. Omdat God nie direk op aarde regeer nie, het Hy ons as "vessels" nodig om deur ons te werk in die wêreld in. Maar vir God om ons te gebruik, moet ons skoon en bruikbaar wees...
Working in the orchard of the Lord
Col 1:10
(Message): "We pray that you'll
live well for the Master, making Him proud of you as
you work hard in His orchard."
(Ampl): That you may walk in a manner worthy of the
Lord, fully pleasing to Him and desiring to please Him in all things, bearing fruit in every good work and steadily
growing and increasing in and by the knowledge of God"
Die nou, regte pad
1 Petr 2:11-12: "Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; 12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking
Gevaarlike offervleis van Baal / Padbeskrywing
Die hele
Ps 19 gaan oor die wonderlike Woord van God en dat ons ons moet vasmaak aan die
Woord en die insettinge van God. Ons
moet bly op die Weg van God, ons moenie afdraaipaadjies vat nie. Lees gerus die onderwerp op die blog:
"God se nou pad". Ons moet in
Sy voetstappe volg, ons moet Sy Weg bewaar sonder om uit te draai. (Job 23:11) Hoe weet jy jy is op die regte pad???
Geestelike hongerte
Alle
mense word gebore met 'n gees wat gevoed moet word. Alle mense het voedsel vir hulle gees nodig,
en almal is bewus van hierdie leemte hier diep binne hul wat gevul moet word
met iets, maar ons besef nie dis geestelike hongerte nie. En omdat ons nie altyd besef dis 'n
geestelike hongerte nie, voed die mens
sy gees met die verkeerde goed, soos kos, drank, dwelms of seks. Ander teer weer op menslike liefde en
aanvaarding, en dan kry jy selfs diegene wat floreer op twis - wat voedsel kry
deur ander baie seer te maak (emosioneel).
Son, maan en sterre
Ps 19:2-4: "Die hemele vertel die eer van God, en
die uitspansel verkondig die werk van Sy hande.
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig
vir die nader kennis aan: daar is geen
spraak en daar is gee woorde nie - onhoorbaar is hulle stem."
Om hierdie geskryf op te som:
ons moet wees soos die son, maan en sterre wat, sonder om 'n geluid te
maak, die glorie van God uitstraal. Die enigste manier hoe ons dit kan doen, is
om 'n lewende verhouding met God te hê en Hom lief te hê met alles binne ons,
sodat SY Lig deur ons kan skyn.
Jou oë is die vensters van jou siel
In die
vorige blog sou jy gesien het ons ontvang Jesus se bloed deur die Woord wat ons
inneem - dit is so belangrik! Sonder
Jesus se bloed is ons 'n pap vel sonder krag, sonder Jesus se bloed binne ons,
lewe ons nie werklik nie. In elkgeval
nie vir God nie, dalk vir die wêreld, maar as jy leef vir die wêreld, is jy
geestelik dood, want jy kan nie 2 gode op een slag dien nie. Voor jy begin Manna inneem, is jy duister
binne jou, daar is geen liggie wat skyn nie.
Friday, 29 November 2013
Die Woord maak skeiding tussen lig en duisternis
25SEP

Subscribe to:
Posts (Atom)