God wil ons gebruik om SY hande en voete op aarde te wees. Omdat God nie direk op aarde regeer nie, het Hy ons as "vessels" nodig om deur ons te werk in die wêreld in. Maar vir God om ons te gebruik, moet ons skoon en bruikbaar wees...
In die
gees heers daar 'n swart wolk oor die mense op aarde - dis satan se
gebied. Onder die swart wolke word alles
gedoen soos satan dit gedoen wil hê.
Almal wat leef onder hierdie swart wolk, is vas aan die wêreld se reëls
en regulasies, kultuur en tradisie. God
heers nie waar hierdie swart wolke is nie, dus heers Hy nie op aarde nie, Hy
heers in ons harte. Hy woon binne-in
harte wat nie funksioneer onder die swart wolke nie. God heers binne-in ons
harte en vanuit ons harte heers Hy oor die aarde. Dus word ons gebruik as God se "vessel"
waardeur Hy heers. God heers nie direk
oor die wêreld nie; satan doen wel. Die hele wêreld is oorgegee aan die mag van
satan.
Die dag
toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy die mag en outoriteit van satan oor
God se kinders gebreek, van daardie dag af kan God se kinders weer opstaan teen
satan en het satan nie meer outoriteit oor hulle nie. So een van die redes hoekom God Sy Seun aarde
toe gestuur het, was sodat Sy kinders skoongewas kon word en God deur hulle
harte kon regeer op aarde. Maar wees
versigtig, moet asseblief nie onder die illusie wees dat jy volgens die wêreld
se standaard kan leef, maar outoriteit teen satan kan hê nie. As jy volgens die wêreld se standaarde gaan
leef, leef jy onder die swart wolk en het satan outoriteit oor jou en nie jy oor
hom nie. Jy moet wegkom onder die swart
wolk en jou outoritiet oor satan opneem, en daarvoor moet jou lig skyn en dit
beteken jy moet in die regte verhouding met God staan. As jy in die regte verhouding met God staan,
kom maak Hy jou skoon - heiligmaking - wat 'n lang proses is. God
kom maak jou skoon sodat jy 'n skoon "vessel" vir Hom kan
wees. God kan nie werk deur iemand wat
nie skoon is nie, ons moet skoon wees
binne sodat God deur ons kan werk. Ons
kan nie deel wees van die wêreld en verwag God gaan deur ons werk nie. Ons moet ons rug op die wêreld kan draai en
fokus net op God alleen. Ons moet wegkom
onder die donker wolke wat hang en heers oor die wêreld.
As jy
deel is van die wêreld, is jy deel van die mense wat leef onder die swart
wolke, dan gee jy ook swart wolke af. Jy
is dan ook verantwoordelik vir die swart wolke wat hang oor die wêreld. Jy asem dit in, en jy asem dit weer uit. Maar as jy nie meer leef onder die wêreld se
reels en rgulasies, tradisies en kultuur nie, word jy elkgeval uitgewerp deur
die wêreld, dus asem jy nie meer die swart wolke in nie, so jy asem ook nie
swart uit nie. Nou begin jy God se wit
lig inasem en jy asem dit uit ook. Jy
word 'n skoon vessel vir God wat Hy kan gebuik tot Sy eer. En deur Sy kinders wat skoon vessels raak op
aarde, begin God heers eers binne-in ons en wanneer ons skoon is, heers Hy deur
ons na buite, die swart wêreld in. Dan
begin ons 'n lig skyn in die donker wêreld.
Dis
hoekom dit so belangrik is dat ons eers deur God gesuiwer moet word voordat ons
die wye wêreld invaar om vir Hom te gaan werk.
Ons kan nie wees soos 'n koppie wat net gewas is aan die buitekant en
net die "badge" dra van Christen nie.
Baie mense dra net die "badge" van Christen-wees. Hulle gaan kerk toe, hulle lyk nie te sleg
van buite af nie, hulle dra Jesus-hempde, dra die kruisie om die nek…. Alles
van buite af lyk mos soos 'n Christen.
Maar wat gaan daar binne aan? Dan doen jy alles van buite net om
raakgesien te word deur die wêreld.
(Matt 23:5). Jy doen dit om eer
te kry van mense af, jy probeer nie skoon wees sodat God die eer moet kry nie,
jy wil self die eer hê. In Matt 23 se Jesus vir die Fariseers: (26)
"maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat
ook die buitekant daarvan skoon kan word."
Moenie bekommerd wees oor die buitekant nie, dit sal met tyd ook gevorm
word soos Jesus jou wil hê. Want as die
binnekant net eers skoon is, sal die buitekant ook begin skoon word. Jy gaan dan nie meer WIL aantrek volgens die
wêreld se modes en giere nie, jy gaan nie meer WIL ruik soos die wêreld nie, jy
gaan nie meer WIL eet wat die wêreld eet nie, want jou WIL gaan aan God
oorgegee wees. Al daardie goed gaan net
nie meer belangrik wees nie. As jy net
aan die buitekant gaan probeer skoon wees, gaan jy nie vir God flous nie. Dan is jy soos die mense van Jesaja
29:10: "Want die Here het oor julle
uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë toegesluit en julle
hoofde toegebind." Jy gaan blind en doof wees vir God en jy gaan nie die
dinge van God verstaan nie. V13: "En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond
en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle
vrees vir My 'n aangeleerde mensegbod is…"
Ons moenie wees soos hierdie mense wat net die buitekante van skoon is
nie - hulle probeer aan die wêreld wys hulle is Christene deur die woorde wat
uit hulle monde kom, maar in der waarheid is hulle hart ver van God, dus is
hulle vuil binnekant. V15: "Wee hulle wat planne diep verberg vir
die Here, wie se werk in
duisternis plaasvind; en hulle
sê: Wie sien ons en wie ken
ons?" Hierdie mense funksioneer
eintlik onder die donker wolke, die duisternis, maar maak asof hulle skoon is
en suiwer Woord verkondig. Hulle sal
onder die toorn van God deurloop.
As die
binnekant van die koppie nog vuil is en God wil jou as die koppie gebruik om
tee aan die wêreld te bied, gaan die
tee binne die koppie ook vuil word. Al
die kieme binne die koppie gaan in die tee ronddryf en dit is wat jy gaan bied
aan die wêreld. So persoon gaan die
wêreld besmet met hierdie tee, dus gaan jy die wêreld besmet met vuil
Woord. Ons gaan verantwoordelik gehou
daarvoor. Maar as jou koppie binne skoon
is, gaan die tee daarbinee nie besmet wees met allerhande kieme nie. Dan kan God jou gebruik as koppie om skoon
tee aan die wêreld te bied, dus suiwer Woord.
En net so kan jy dit andersom na die situasie kyk: jy wat tee drink uit 'n koppie uit: hoe weet jy jy kry nie besmette tee in
nie? Hoe weet jy die koppie waaruit jy
daardie tee drink, is onbesmet?
Maak
seker die tee wat jy drink, kom uit 'n suiwer en skoon koppie uit, want anders
gaan jy ook besmet word met daardie kieme wat in daardie tee is. Maak seker jy kry suiwer Woord in by wie jy
dit ookal kry. Dis hoekom dit beter is
om die tee of Woord, direk van God af te kry, uit die Woord.
Moenie die dinge van die wêreld liefhê nie
Ek was op
'n keer lank terug versoek deur mense wie se buitekante so bietjie skoongewas
was, maar nie die binnekant nie. Hulle
het my probeer oorreed dat daar niks fout is met die wêreld se manier van leef
nie. Dat ons die wêreld se musiek, TV en
alles kan inneem, maar dat ons net die mooi daarin moet raaksien. Wêreldse goed soos musiek, TV ens word aan
ons gegee om ons te verlei en wanneer ons onsself blootstel daaraan, asem ons
die swart lug in en begin ons na 'n tyd ook die swart lug uitasem. Dan is ons deel van die wêreld en heers satan
oor ons. Jy gaan dan nie outoriteit oor
satan kan hê nie, en God gaan nie in jou hart kan regeer en deur jou na die
wêreld kan heers nie. Jy is dan nie 'n
skoon "vessel" vir God nie.
Die Here het in daardie tyd vir Skrif kom gee om dit te bevestig: 1 Kor
5 en 10, asook Deutr 13. EK haal net 'n
sekere vers aan, maar lees gerus die hele hoofstukke.
1 Kor
10:21: "Julle kan nie die beker van
die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die
Here en ook aan die tafel van die duiwels nie."
No comments:
Post a Comment