Friday, 29 November 2013

Die Woord maak skeiding tussen lig en duisternis


25SEP
thCAK54LWJHierdie handel oor hoe belangrik dit is dat ons die Woord – Manna – moet inneem.  Sonder Manna kan Jesus nie binne-in ons leef nie, sonder Manna ontvang ons nie Jesus se bloed binne ons nie.  Sonder Manna kan ons nie geestelik lewe nie, ons is geestelik dood as ons nie God se Woord inneem nie. Soos ons Manna inneem, begin dit ons reinig en verander dit ons om meer te leef na die voorbeeld van Jesus.  Dit Woord begin skeiding maak binne ons tussen die mens wat ons was en die mens wat God ons eintlik geskape het om te wees…
Die eerste drie dae wat God die aarde geskep het, het Hy die groot goed van mekaar geskei. God is ‘n God van orde, Hy hou nie van ‘n vermenging van goed en sleg, lig en duisternis, nie. Dit is die eerste ding wat God van mekaar geskei het – Gen 1:4: “God het skeiding gemaak tussen lig en duisternis”. Die tweede dag het God skeiding gemaak tussen waters en waters (6) en die derde dag het Hy skeiding gemaak tussen die water en die droë grond (9). Dit het Hy in drie dae gedoen.
Nadat Jesus gekruisig is, het Hy vir 3 dae neergedaal om skeiding maak tussen lig en duisternis op aarde – tussen die bose en Sy kinders.
En nou gee God in Sy genade aan ons ook ‘n manier om op die aarde skeiding te maak tussen die ou wêreldse mens en die nuwe mens wat Jesus se natuur aanneem.
Vermenging van lig en duisternis
Net soos daar heel aan die begin nog nie skeiding was tussen lig en duisternis nie, was daar voor Jesus se sterwe, ook nie skeiding tussen boosheid en geregtigheid nie, wat ook gesimboliseer word deur lig en duisternis.
Toe God vir Adam en Eva gemaak het, het God die sleutel van gesag en outoriteit aan hulle gegee, dus het hulle vir daardie tydjie outoriteit oor satan gehad. Satan het dit natuurlik geweet en daarom sou hy alles in sy vermoë doen om daardie sleutel van mag en outoriteit in die hande te kry. Die oomblik toe Eva daardie appel hap, het hulle die sleutel van outoriteit aan satan oorhandig.
Satan hou nie van orde nie, hy hou nie van lig nie en hou nie van lig en duisternis geskei nie, want soos God ‘n God van orde is, is satan net die teenoorgestelde. Sy eerste missie was om die lig en duisternis in die mens te vermeng, maar om dit te kon doen, het hy outoriteit oor die mens nodig gehad. As hy eers die outoriteit oor die mens kon kry, kon hy hierdie Goddelike mens met boosheid infiltreer, hy kon die lig in die mens vermeng met duisternis. Hy wou God se kinders besmet met boosheid, want dan sou hulle nie meer lig wees nie, maar deurtrek met duisternis. Ongelukkig het hy dit reggekry om die outorieit oor die mens te ontvang. Om God se kinders verder te besmet met bose, het die gevalle engele ook nog met God se kinders omgang gehad (Gen 6) en sodoende was God se geslag wat Hy geskape het, vermeng met duisternis. God se geslag was toe bevlek en besmet met boosheid; lig vermeng met duisternis!
Dus, deur die hele Ou Testament, het satan outoriteit gehad oor die mens, en het hy oraldeur plannetjies gemaak om God se kinders te vermeng met duisternis. Maar God het ‘n ander plan gehad vir Sy kinders. Hy het Sy Seun aarde toe gestuur om te kom sterf vir ons sondes en sodat Hy die sleutel van outoriteit kon gaan terugneem van satan af. Daar was geprofeteer dat ‘n Seun van God aan ‘n hout sou sterf en satan het dit geweet. Hy het geweet as Jesus sterf aan’n kruis, gaan hy die outoriteit verloor oor God se kinders. Daarom het satan alles in sy vermoë gedoen om te keer dat Jesus aan ‘n kruis sterf. Toe Jesus uit die woestyn gekom het, het satan Hom versoek en wou satan selfs hê Hy moes van ‘n berg afspring – want satan het geweet as Jesus op so manier doodgaan, en nie aan ‘n kruis sterf nie, besit hy nogsteeds die sleutels van outoriteit. Satan het baie goed geweet dat sy outoriteit weggeneem gaan word oor God se kinders wanneer God se Seun aan ‘n kruis sterf.
Maar Jesus het satan oorwin deur aan die kruis te sterf! Vir 3 dae was Sy liggaam in die graf en in daardie 3 dae het Jesus ‘n massiewe skeiding gemaak. Hy het in daardie 3 dae alles vir ons, wat Sy kinders is, verander! Maar in die ongesiene wêreld. Net soos dit God 3 dae geneem het om fisies skeiding te maak op aarde, het dit Jesus 3 dae gevat om skeiding te maak tussen die boosheid en geregtigheid. Hy het die sleutel van outoriteit gaan terugneem van satan af, die Bybel se ook Jesus het neergedaal. Jesus het die kroon van geregtigheid gaan terugneem van satan af. En Jesus het die outoriteit aan ons, SY kinders teruggegee. Hy het die kroon van geregtigheid met Hom saam hemel toe geneem waar ons eendag in die hemel die kroon van geregtigheid sal ontvang.
So die grootste en belangrikste ding vir ons as mens het gebeur! Ons het as kinders van God ons outoriteit oor satan en die bose teruggekry, maar daar is voorwaardes daaraan verbonde. As ons wil lewe volgens satan se reëls en groot en magtig in die wêreld wil wees soos satan, speel jy volgens satan se reëls en nie God s’n nie. Dan het jy geen outoriteit oor satan nie. Jy moet volgens God se reëls speel. Ek praat nie net van die 10 gebooie nie, want ons kan nie die 10 gebooie uit onsself onderhou nie, ons het eerstens vir God nodig. As jy sonder God, sonder ‘n verhouding met God, die 10 gebooie probeer nakom en op so manier in God se goeie boekies probeer wees, maak jy fout, dan is jy besig met godsdiens en nie met die liefde van God nie. Ons moet in die liefde van God gewortel wees en lewe uit Hom uit. Ons moet ons daaglikse water en kos van Hom af kry.
Net soos God skeiding kom maak het tussen lig en duisternis, en Jesus kom skeiding maak het tussen die bose en hemelse, het God vir ons die wonderbaarlikste middel gegee wat ons ook moet gebruik om skeiding te maak. Die Woord!!! Die Woord maak skeiding en die Woord is lewend en kragtig! Dit sny deur murg en been tot in jou diepste siel en gees (Hebr 4:12).
thCA9Z1AE7
DIE WOORD – MANNA
Joh 14:6: “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
Joh 1:1: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.”
Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Hy is ook die Lig en Hy is ook die Woord!
Die Woord is ons kos, dis ons Manna, ons het dit nodig om geestelik te kan leef en te oorleef. Ons moet leef en teer op die Woord. Sonder die Woord het ons geen krag nie. Die Woord is God se woorde aan ons, Hy praat met elkeen van ons deur die Woord. Jesus is die Woord, so as ons baie Woord inneem, neem ons ook vir Jesus in, wat ook Lewe is. Dit gaan aan ons die Waarheid openbaar en Lewe gee.   Col 3:16:  ”Let Christ’s word with all its wisdom and richness LIVE in you”. As ons nooit die Woord inneem nie, gaan ons nooit die Waarheid leer ken nie, gaan ons nooit waarlik begin Lewe nie en gaan Jesus se bloed nie vloei binne ons nie. En sonder Jesus se bloed binne ons, gaan ons nie die ewigheid sien nie. Om in ewigheid saam ons lieflike God Vader deur te bring, het ons Jesus se bloed nodig. Hy gee dit verniet aan ons, Jesus het verniet vir ons gesterf aan die kruis. Hy word op ‘n skinkbord vir ons aangebied in hierdie wêreld, ons moet net tyd maak om die Woord op te tel en dit in te neem.
Eph 1:7: “Through the blood of His Son, we are set free from our sins. God forgives our failures because of His overflowing kindness. 8 He poured out His kindness by giving us every kind of wisdom and insight when He revealed the mystery of His plan to us. He had decided to do this through Christ.”
God stort deur Sy goedheid en genade Sy Seun se bloed in ons en daardeur kry ons wysheid en insig – deur Jesus Christus se bloed wat binne ons are bruis. Dis die bloed van Jesus binne ons wat ons leer, wat ons nuwe lewe gee, dis die HG, dis Jesus, dis God binne ons. Want ons kan nie God, Jesus en HG van mekaar skei nie. Maar hoe kry ons Jesus se bloed binne ons?
Ons kan net op een manier heel gemaak word en dis deur Jesus Christus. Daar is net een manier hoe ons regtig genees en dit is deur Jesus Christus. Nie om Jesus se bloed te pleit oor jou nie, maar om in ‘n verhouding met God te kom staan, om so na aan Hom te staan sodat Hy Sy Seun se bloed druppeltjie vir druppeltjie binne jou kan deponeer totdat jou hele liggaam deurtrek is van Jesus se bloed. Jy moet dit ontvang van God. Die bloed is die enigste ding wat jou Lewe gee, dit gee jou hoop, vrede en vreugde. ‘n “Joyfull life”. Die bloed praat met jou, want dis lewende bloed, dis nie sommer net daar nie; dit lewe, en dit gee ook lewe.
Ps 37:31: “His heart pumps God’s Word like blood through his veins…”
Ons ontvang die bloed van Jesus deur Woord wat jy inneem. Want die Woord is Jesus. En as jy Hom begin inneem, begin Hy lewe binne jou, begin Sy bloed borrel en bruis deur jou are…
Soos jy daagliks Manna inneem, word dit opgeneem in jou bloedstroom en al die vitamienes en minerale van die Woord verskaf weer energie aan die res van jou liggaam, ook aan jou organe. Dit laat jou hart warm en reg klop vir God. HG kom woon binne jou en maak jou so lief vir God dat jy nie ‘n dag sal wil deurgaan sonder Sy Woord nie. Wanneer jy genoeg Manna inkry, word dit deur jou hart na al die ander organe en stelsels van jou liggaam gestuur. En die Woord lewe! Dit sny deur murg en been tot in jou diepste siel en gees (Hebr 4:12). Daarom bring Woord genesing. Maar dit gaan nie help jy wil net Woord spreek as dit nie lewe binne jou nie. Dit moet eers lewe binne jou. Eers wanneer die Woord waarlik lewe binne jou, sal dit jou genees en kan jy dit spreek na buite. Maar dis baie belangrik dat elkeen die Woord vir homself inneem, want dit laat elkeen lewe van binne af. Dis elkeen se eie verantwoordelikheid om elke dag Woord in te neem, om te herkou aan Woord binne jou. Hoe meer jy dit gaan doen, hoe meer gaan Jesus se bloed borrel en bruis deur jou are, hoe meer gaan dit jou hele liggaam oorneem, hoe meer gaan jy genesing ontvang, hoe meer gaan dit sny tussen murg en been en hoe meer gaan dit slegte bakterie doodmaak binne jou. Deur Woord in te neem!!! Dis die beste medisyne ooit. Geen medici kan doen wat die Woord kan doen nie. Dis ware Lewe.
Dus, hoe meer Woord jy inneem, hoe skoner maak dit jou eie bloed, hoe meer dit pomp deur jou are en jou hart, hoe suiwerder maak dit jou hart. En hoe skoner jou bloed word deur die Woord, hoe meer word jy verander na die beeld van Jesus, want SY bloed pomp nou deur jou are. Nou word jy waarlik Een met God, Jesus en HG. Op so manier gebruik jy die Woord om skeiding te maak tussen die ou wêreldse mens en die nuwe mens in Jesus.
Net soos God skeiding kom maak het tussen lig en duisternis aan die begin en soos Jesus kom skeiding maak het tussen die bose en die hemelse, net so gee God aan ons die Woord om dit in te neem, sodat dit kan lewe binne ons en ons dit kan gebruik om skeiding te maak tussen ons ou mens en die nuwe mens. Die Woord is ook Lig en geen duisternis kan bestaan waar daar lig is nie. So die Woord maak skeiding in jou gees tussen duisternis en lig. 1 Joh 1:6: “As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. 7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.”
Wat is ‘n woord? ‘n Woord is net ‘n gedagte of net ‘n inskripsie op ‘n papier as jy niks daarmee doen nie. ‘n Woord is gemaak sodat ons dit kan spreek. Net so die Woord van God, dit is vir ons gegee om te SPREEK! Dit is Lewe! As jou hart opreg is, jy lief is vir God, die HG binne jou is, Jesus se bloed vloei deur jou are en reinig jou en jy neem die Woord in, word die Woord geproseseer binne jou en kan jy die Woord weer spreek na buite. As jy een met God is, sal die Woord wat jy spreek, krag dra!
God wil elke dag vir elkeen sy Manna gee om in te neem, want God ken elkeen van ons en weet presies waarmee ons worstel. So vir elkeen het God elke dag ‘n spesifieke Woord. Maar om dit te hoor, het jy die HG nodig binne jou, jy het nodig om ‘n verhouding met God te hê om Sy stem te kan hoor. En dit begin deur soveel as moontlik Woord in te neem elke dag, suiwer Woord, nie dit wat ander sê nie, maar suiwer Bybel!
Deutr 8:3: “En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.” Ons moet lewe op die Woord!
Joh 6:32,33: “En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar EK sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel. 33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. 34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. 35 En Jesus sê vir hulle: EK is die brood van die lewe; wie na My toe kom sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
V53: “…as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.”
M.a.w as ons nie die Brood (Manna) van die lewe inneem nie, kan ons nie gereinig word nie en is daar geen lewe binne ons nie, want dan is ons duister. En ons moet lig wees soos die Lig van Lewe. En al wat ons kan verander, is die Lig, die Waarheid, die Lewe, die Woord: Jesus! Neem die Woord asb elke dag soveel as moontlik in sodat dit kan skeiding maak tussen die lig en duisternis in jou hart!

No comments:

Post a Comment