In die
vorige blog sou jy gesien het ons ontvang Jesus se bloed deur die Woord wat ons
inneem - dit is so belangrik! Sonder
Jesus se bloed is ons 'n pap vel sonder krag, sonder Jesus se bloed binne ons,
lewe ons nie werklik nie. In elkgeval
nie vir God nie, dalk vir die wêreld, maar as jy leef vir die wêreld, is jy
geestelik dood, want jy kan nie 2 gode op een slag dien nie. Voor jy begin Manna inneem, is jy duister
binne jou, daar is geen liggie wat skyn nie.
Deur
Manna elke dag in te neem, is God se manier om met ons te kommunikeer, en hoe
meer Manna ons inneem, hoe meer word die Lig binne ons wat die duister
uitdoof. Want Jesus is die Woord en ook
die Lig.
Joh
8:12: "Ek is die lig van die
wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in
die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê."
Soos die
Manna ons van binne begin suiwer, begin God, die Bouer, ons steen vir steen deur die lewende Woord opbou
in 'n lewende tempel. Jy word gebou met
Lewende Stene en die Lewende Steen is Jesus!
God woon in lewende tempels, Hy woon nie in kerke met mensehande gebou nie
(Hand 17:24), Hy laat Hom nie manipuleer nie.
Hy woon net in Lewende tempels wat opgebou word deur die Woord van God,
deur Woord of Manna wat self deur 'n persoon ingeneem word, nie woord wat 'n
persoon by 'n ander een hoor of uit 'n boek uit lees nie. Net uit die ware Woord self!
1 Petr
2:4,5: "Kom na Hom toe, die lewende
steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar
is; 5 en laat julle ook soos lewende
stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom…"
1 Kor
6:19: "Of weet julle nie dat julle
ligaam 'n tempel is van die HG wat in julle is, wat julle van God het, en dat
julle nie aan julleself behoort nie?"
Wanneer
die Bouer begin om jou stene te lê, is daar sekere goed wat alreeds in plek
moet wees wat Hy benodig vir die bouery.
Sonder hierdie goed staan die bouery stil en kan jy nie in 'n heilige
tempel gebou word nie.
Eerste
ding natuurlik is die Woord van God, die Manna.
Dit is die begin. (Blog: skeiding tussen lig en duisternis) God kan nie werk waar Sy Woord afwesig is
nie.
Jou hart moet nuutgemaak wees deur God. Jou kliphart moet vernietig wees en in die
plek daarvan moet 'n vleeshart pomp.
Jesus se bloed kan nie deur 'n
kliphart pomp nie, net deur 'n vleeshart.
Eseg
36:26,27: "En Ek sal julle 'n nuwe
hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee;
en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van
vlees gee"
Soos jy
Manna inneem en dit begin binne jou werk, begin Jesus se bloed vloei deur jou
are, dan kom maak die HG Sy inwoning binne jou.
Al is al
3 van die bogenoemde goed in plek, kan jy nogsteeds nie ophou om die Manna in
te neem nie, want dit is soos brandstof
wat gebruik word om mee te bou. So as jy
nie Woord inneem nie, staan die bouery stil, want daar is nie brandstof
nie. En al neem jy die Woord in, maar
een van die ander drie ontbreek, kan die Bouer ook nie aangaan nie.
Soos jy
Manna inneem, word steen vir steen gebou.
Daar moet ook 'n venster ingebou word.
Die venster is baie belangrik, want dit laat die lig in na binne, en dit
laat ook jou lig van binne na buite skyn.
Jou oog is die venster van jou siel.
Luk
11:34-36: "Die lamp van die liggaam
is die oog. As jou oog dan reg is, is
jou hele liggaam ook verlig; maar as dit
verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
35 Pas dan op dat die lig in jou
nie duisternis is nie. 36 As jou hele liggaam dan verlig is en nie
enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos
wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig."
As jou
venster in plek is; jou kliphart is
vervang met 'n vleeshart; Jesus se bloed klop deur jou are en die HG is in plek
tesame met jou Krag elke dag, begin ook Jesus lewe binne jou. God, Jesus en HG is een. As HG binne jou is en werk binne jou, is jy
ook een met God en Jesus ook. 1 Kor
6:17,: "Wie die Here aanhang, is
een gees met Hom." En as jy een
gees is met Hom, sal jy Hom ervaar en aanvoel.
As jy een is met God, gaan jy Sy stem hoor en jy gaan vir Jesus begin
beleef en ervaar. Die Woord is Jesus en
as jy elke dag soveel as moontlik Woord gaan inneem, neem jy mos vir Jesus in ,
want Hy is die Woord. En as Hy leef
binne jou, hoekom gaan jy nie Hom kan beleef en sien nie? Ons kan nie Jesus met die blote oog sien nie,
maar as jy God aanbid, sal jy Hom voel ook, jy sal Hom hoor en alle vrede sal
deur jou spoel. Maar jy sal Jesus eers
hoor en sien wanneer jou tempel gebou is met die venster in plek. Die Lig moet na binne kan vloei deur die
venster, jy is in verbinding met God en
dan gaan die lig ook vanuit jou na buite skyn na ander. 1 Joh 1:7:
"Maar as ons in die lig
wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun,
reinig ons van alle sonde.
1 Joh
3:2: "…We do know that when Christ
appears we will be like Him because we will see Him as He is." (Ons sal Hom sien en ons sal weet wanneer
dit Hy is, want Hy leer ons alreeds om Hom te sien.) 3
"So all people who have this confidence in Christ keep themselves
pure, as Christ is pure."
Hoekom sien en hoor sommige Hom nie?
1 Joh
2:11: "Hy wat sy broeder haat, is
in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie,
omdat die duisternis sy oë verblind het." As dit duister binne jou is,
kort daar iets, want dan is jy nie in 'n lewende tempel opgebou deur God
nie. Die venster is nie in jou tempel
ingebou nie en die Lig kan nie in hou inskyn nie, daarom is jy duister. Die duisternis het jou oë verblind en omdat
jy verblind is, gaan jy nie die HG of Jesus kan voel, hoor of sien nie.
Isaiah
26:10: "Although the wicked are
shown pity, they do not learn to do what is right. They do what is wrong in the upright land and do not see the majesty of the Lord" En soos die mens redeneer, gaan diegene wat
God nie kan aanvoel en hoor nie, ander veroordeel wat wel in so verhouding met
God staan, en hulle gaan die vraag vra:
"As jy Hom kan hoor en voel, hoekom kan ek dan nie?" Maar gaan
doen asb selfondersoek voor jul ander kritiseer en veroordeel. Doen selfondersoek oor jul eie lewens,
hoeveel tyd spandeer jy per dag aan God?
Hoeveel wêreldse genietinge het jy al eenkant toe geskuif vir God? Hoeveel van hierdie veroordelers skakel die
televisie af en gaan spandeer eerder tyd met God om Hom beter te leer ken? Of los eerder die kuier met vriende/
vriendinne om eerder alleen by God se voete te gaan sit? Om met God in so verhouding te staan, verg
baie opoffering. So voor jy ander wil
veroordeel en bevraagteken, doen selfondersoek oor jou eie lewe. En vra God elke dag soos in Ps 26:2: " Toets my Here, en beproef my, keur my
niere en my hart."
Diegene
wie se oe deur die duister verblind is, sien en hoor en voel nie vir God nie,
maar hulle sien baie goed in die wêreld, in die duister, hulle oë verlei hulle in die wêreld, hulle
sien net alles raak wat in die duisternis is en
1 Joh 3:11-13 waarsku ons:
"Don't be like Cain. He was
a child of the evil one and murdered his brother. And why did Cain murder his brother? Because the things Cain did were evil and the
things his brother did had God's approval.
Brothers and sisters, don't be surprised if the world hates
you." Moenie met jou mond diegene
"vermoor" wat hulle kant bring met hul verhouding met God
nie. Want dan doen jy presies wat Kain
gedoen het. Abel was op die regte pad en
Kain nie en daarom het Kain vir Abel vermoor.
Die lig
van Jesus is nie verblindend soos 'n gewone lig nie, maar verbeter ons
geestelike sig. Dit maak ons geestelike
oë oop, sodat ons Hom kan voel, hoor en sien soos Hy regtig is.
Joh
12:35: "En Jesus sê vir hulle: nog 'n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat
die duisternis julle nie oorval nie. En
wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie. 36 So
lank as julle die lig het, glo in die lig sodat julle kinders van die lig kan
word. 37
En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het HULLE NIE IN
HOM GEGLO NIE; 38 sodat die woord van
die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het… 40 Hy
het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou
sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees
nie." As iemand nie GLO in Jesus
nie, bly hy in die duisternis, en daarom verblind en met 'n klipharde
hart. Maar sodra iemand begin glo in
Jesus en Manna inneem, sal Hy jou genadig wees en SY lig op jou begin skyn.
Joh
12:46: "Ek het as 'n lig in die
wêreld gekom, sodat elkeen wat in MY glo nie, in die duisternis sou bly
nie."
Joh
16:6: "Ek is die weg en die
waarheid en die lewe; niemand kom na die
Vader behalwe deur My nie 7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook
geken het, en van nou af ken julle Hom en HET JULLE HOM GESIEN!" Ek sê
weer, dit is nie 'n fisiese "sien" nie. Dit is om God te ervaar en te hoor en te
beleef onder gebed. As jou venster
ingebou is en die Lig vloei deur jou, is jy gekonnekteer met God, Jesus en
HG. JY is een met hulle. V9:
"HY WAT MY GESIEN HET, HET DIE VADER GESIEN." 17
"..die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie,
omdat dit HOM NIE SIEN NIE en Hom nie ken nie;
maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 19 Nog
'n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar JULLE SIEN MY, omdat Ek lewe en julle
sal lewe. 20 In die dag sal julle weet dat EK in my Vader
is, en JULLE IN My en EK IN julle.
21 Wie my gebooie het en dit
bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie
My liefhet, hom sal my Vader liefhê, en EK sal hom liefhê en MY AAN HOM
OPENBAAR!!!" (Hier sê Jesus self as
ons Hom liefhet, kom woon Hy binne ons en Hy sal Homself aan ons
openbaar.) 22…Here, hoe is dit dat U aan
ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?
23 Jesus antwoord en sê vir
hom: As iemand My liefhet, sal hy my
woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en ONS SAL NA HOM TOE KOM EN BY HOM
WONING MAAK. 26 die Trooster, die HG, wat die Vader in my
Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek
vir julle gesê het."
Philip
4:15: "That you may show yourselves
to be blameless and guileless, innocent and uncontaminated, children of God
without blemish in the midst of a crooked and wicked generation, among whom you
are seen as bright lights in the dark word."
Ps
37:5,6: "Entrust your ways to the
Lord. Trust him, and He will act on your
behalf. He will make your righteousness
shine like a light."
No comments:
Post a Comment