Saturday, 30 November 2013

Tuinier van jou hart

Hierdie gaan oor God wat die Tuinier is wat in elkeen van ons se harte wil saad saai.  Maar eers moet Hy ons die gronde van ons hart kom skoonmaak en vrymaak van al die onkruid….
Ps 80:8: “You brought a young vine from Egypt, cleared out the brambles and briers and planted your very own vineyard. You prepared the good earth, you planted her roots deep; the vineyard filled the land…”

Heiligmaking

Wanneer jy jou hart vir die Here gee, jou lewe vir Hom gee, begin daar ‘n proses binne jou plaasvind (waarvan ons gewoonlik nie eers bewus is nie). Dit gebeur nie oornag nie, dit is God se tyd om die grond van jou hart voor te berei. Dit is heiligmaking. God wil sekere onverganklike sade in ons harte plant, wat moet groei om ‘n pragtige tuin met struike en mooi blomme te vorm, met bome wat Goddelike vrug dra. Ons almal dra vrug, maar watse vrug dra ons? Is dit Goddelike vrug of vrot vrugte? Want ons almal het bome wat groei in harte, maar watse bome is dit? Is dit onkruid bome wat in enige grond groei met dorings wat ander seermaak, soos die soetdoring? Ek sidder om te dink aan mense wat as bome net slegte vrug dra, want in Matt 3:10 sê Jesus: “Die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.”

Voordat God die Goddelike onverganklike saad in jou hart se grond kan plant, moet jou grond onkruidvry wees… As jou hart se grond nog rotsagtig is, kan die saad nie wortel skied nie, so jy sal nooit Goddelike vrug kan dra nie. As jou hart deurtrek is met doring en onkruid, kan jy ook nie vrug dra nie, want al die onkruid verstik die goeie saad wat val in die grond. Maar as jou hartgrond skoongemaak is deur God, is jou grond diep skoon, en die goeie saad wat in jou hart plof, sal vrug dra. Lees gerus Matt 13 oor die sade en die grond.

“You are God’s garden and vineyard and field under cultivation”

Wanneer jy jou lewe en hart aan God oorgee, en besluit om met Hom saam te werk, kom skyn God Sy lig op die grond van jou hart en begin om al die groot lelike giftige bome en struike uit jou hart uit te delf. Jesus sê in Matt 15:13: “Elke plant wat my hemesle Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.” Baie kere is daar regtig groot bome wat gegroei het in ons hart en hierdie bome lok insekte, parasiete, luise en onnodige voëls om te kom nesmaak. Hulle kom teer op hierdie groot bome en misbruik die bome. Hierdie bome moet uitgekap word tot voordeel van jouself. Wanneer bome afgekap en verwyder word, gaan soek al die diertjies wat gewoon het in die boom, ander heenkome. En presies dit gebeur wanneer God die onnodige bome uit ons hartgrond kom verwyder – baie van jou vriende en ander mense om jou word vervreem van jou en gaan soek ander vriende. Sommiges is ‘n verligting vir jou, maar oor ander is jy dalk hartseer, maar vertrou op God, want Hy weet wie in jou lewe moet wees en wie nie. As daar mense is wat jou misbruik en soos parasiete op jou teer, sal die Here die boom uit jou hart en lewe verwyder en omdat die boom nie meer daar is nie, gaan die luise, parasiete en ongewenste diere ook weggaan. So dis God wat jou verlos van die slegte boom en dus ook van die ongewenste gediertes. Wat fisies hier gebeur, is dat wanneer ons met God saamwerk in hierdie proses, en ons heeltemal oorgegee is aan God en bereid is om God te vertrou en Hom toe te laat om ons te verander, word ons vernuwe deur God. Ons begin die vleeslike natuur eenkant toe skuif en begin leef volgens ons geestelike natuur. Baie mense wat gewoonlik naby aan ons was, gaan nie altyd van hierdie verandering van jou hou nie en hulle gaan vanself begin wegbeweeg van jou af. Onthou, sonde is lekker vir die grootste gedeelte van die mensdom. As God groot sondes uit jou lewe gaan verwyder (sekere bome), gaan jy nie meer so lekker voorkom vir die wêreld nie. Almal gaan nie meer van jou hou nie – Joh 15:19: “As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie , maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.”

Wanneer hierdie ongewenste bome en struike dan uitgekap is, begin God om die grond van jou hart om te ploeg om die onkruid te verwoes. Baie van die onkruid se wortels word nie die eerste keer verwoes nie, of hulle saad het klaar versprei en dan skiet van die onkruid weer wortel. Hierdie onkruid wat weer groei, trek God een vir een met SY hand uit totdat jou hart se grond mooi skoon is. Dit is wat heiligmaking is en dit is ‘n proses. En ons moet saamwerk! Hierdie is ‘n saak tussen onsself en God waar Hy ons samewerking nodig het. Hy het nodig dat ons ons rug op die wêreld en al die begeerlikhede van die wêreld draai. Ons moet voor God se voete gaan sit en al ons foute, tekortkominge en sodes bely aan God. Dit is ‘n baie belangrike stap – bely, bely, bely!!! Ons moet nooit ophou om ons sondes te bely aan God nie. Wanneer ons dit doen, skyn God se lig op daardie ongewenste boom en kan Hy dit uit ons lewe uitkap. En dan moet ons daardie sonde teëstaan. Dit help nie God kom verwyder daardie boom, maar ons neem net weer nuwe, verkeerde vrugte en saad in nie. Dan gaan daardie slegte bome mos net weer groei.

Daar is verganklike saad en onverganklike saad. Die verganklike saad kry ons in deur te voed op die vrugte van die verkeerde boom – jy word gevoed deur die wêreld en al sy begeerlikhede, en jy gee in voor die versoekings van die wêreld. Die onverganklike saad kry ons by God, deur te voed op die vrugte van die boom van die Lewe, dus op God se Woord.

Wanneer ons grond skoon en reg is, gebeur die mooiste mooi! Wanneer God tevrede is met die toestand van ons hartgrond, laat Hy Sy asem oor die grond van ons hart uitgaan en dit gaan lê soos mis oor ons hart. Dit is die salwing wat ons van God ontvang. Jesus kom leef nou binne-in ons harte en ons raak een met God. Nou is ons hart se grond vrugbaar en die onverganklike saad wat God in hierdie grond wil plant, gaan groei in die lieflikste tuin. Elkeen se hartetuin lyk anders, maar elkeen sal deur hierdie tuin nou begin vrug dra vir God. Die Here wys elke keer wanneer ons voed op die boom van die Lewe, dus Sy Woord inneem, plof hierdie onverganklike saad wat binne-in die vrug is, met ‘n plofgeluid in ons hart se grond. Omdat ons hartgrond nou vrugbaar is en ons lewende water by God kry, groei hierdie saad baie vinnig.

Verskillende skrifte uit die Woord groei tot verskillende bome, plante en blomme. Op ‘n dag het die Here gewys: soos ons die Bybel oopmaak en inneem, groei daar ‘n boom uit elke bladsy uit. As ek blaai na ander Skrif in die Bybel, groei daar weer ‘n ander boom, plantjie of blom weer uit daardie bladsy uit. Dit was onbeskryflik mooi. En net so groei die mooiste tuin in jou hart wanneer jy die onverganklike saad van die Woord inneem.

Isaiah 58:11: “…You will become like a watered garden and like a spring whose water does not stop flowing.”

Wanneer jou hartsgrond nou skoon is en jy neem die onverganklike saad van die Woord in, begin die Woord, wat ook Jesus is, binne jou lewe en stadig begin jy vernuwe van binne af. 1 Petr 1:23: “You have been born again, not from a seed that can be destroyed, but through God’s everlasting Word that can’t be destroyed.” Onthou net, die Woord is kragtig en lewend (Hebr 4:12) en soos wat jy die Woord soos Manna eet, gee dit jou Lewe. En die regte bome begin groei in jou hart, jy gaan begin Goddelike vrug dra. Maar wanneer jy voed op die boom van die wêreld, gaan jy wees soos hierdie vers sê: …their beauty is like a flower of the field, the grass dries up and the flower drops off…” (1Petr1:24) Hierdie persone se vrug gaan net tydelik wees. Die verganklike saad ontkiem in enige grond en kan groei in ‘n baie lelike boom wat ongoddelike vrug dra…

Gee jou hele hart, elke aspek van jou lewe vir die Tuinier van jou hart. Maar jy moet bereid wees om saam te werk en die verganklike wêreldse vrugte te los, sit jou hart in SY hande. Hy weet presies watse doringbome verwyder moet word, Hy weet presies watse plante giftig is vir jou. Jy moet Hom vertrou met jou hele hart en lewe. Dan sy Hy SY lig op jou hartgrond skyn en die lelike bome aan die lig bring wat uitgekap moet word.  Dit is nie altyd ‘n lekker proses nie, want mens voel die verwerping van die wêreld en sy mense.  Maar wat kies jy tussen verwerping van mense of om verwerp te word deur God?  Dan kan die wêreld en sy mense my maar verwerp…  God vergoed ons altyd met vrede en die liefde vir God wat binne jou gaan begin groei, is bo menslike denke.  Niks uit die wêreld kom daarby nie.

1 Peter 3:  Cultivate inner beauty
(3)  What matters is not your outer appearance – the styling of your hair, the jewelry you wear, the cut of your clothes – but you inner disposition.  (4)  Cultivate inner beauty, the gentle, gracious kind that God delights in.”
In die volgende blog waarmee ek alreeds besig is, verduidelik ek hoe ons gewortel moet wees in God se hart sodat ons die ware vrugte van God kan dra.

No comments:

Post a Comment