Ps 19:2-4: "Die hemele vertel die eer van God, en
die uitspansel verkondig die werk van Sy hande.
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig
vir die nader kennis aan: daar is geen
spraak en daar is gee woorde nie - onhoorbaar is hulle stem."
Om hierdie geskryf op te som:
ons moet wees soos die son, maan en sterre wat, sonder om 'n geluid te
maak, die glorie van God uitstraal. Die enigste manier hoe ons dit kan doen, is
om 'n lewende verhouding met God te hê en Hom lief te hê met alles binne ons,
sodat SY Lig deur ons kan skyn.
Dis die enigste manier hoe ons 'n getuie kan wees van God sonder om ons stem te verhef. Geen "dooie" werke of om ander te probeer "red" gaan ons 'n lig laat skyn nie en geen dooie werke gaan jou 'n huis in die hemel besorg nie. Jy moet die Lig binne jou hê. Jy moet EEN wees met God die Vader, Jesus Christus en die HG.
Dis die enigste manier hoe ons 'n getuie kan wees van God sonder om ons stem te verhef. Geen "dooie" werke of om ander te probeer "red" gaan ons 'n lig laat skyn nie en geen dooie werke gaan jou 'n huis in die hemel besorg nie. Jy moet die Lig binne jou hê. Jy moet EEN wees met God die Vader, Jesus Christus en die HG.
Terwyl ek bid, kyk ek in die gees na die son, maan en sterre en ek
sê vir God hoe wonderbaarlik Hy is wat dit alles geskape het.
( Psalm 19:2 Die hemele vertel die eer van God, en die
uitspansel verkondig die werk van SY hande.)
Hoe kan daar mense wees wat
die werk van God se hande kan raaksien, maar wat nie kan glo dat God dit gemaak
het nie? Hoe kan mens dit raaksien, maar
God nie eer en dien en aanbid nie? En
die Here sê: "Want daardie mense dink hulle is verhewe bo Hom, daarom wil
hulle nie die erkenning aan God gee nie".
Jes 14:13: "En jy het in hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef
bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die
Noorde. 14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my
gelykstel met die Allerhoogste".
Dit is nou mense wat hulleself verhef bo God, en hulle val in
verskillende kategorie: Sommiges glo net
eenvoudig nie daar is 'n God nie;
sommiges se hoogmoed en trots is so hoog in hulle harte dat hulle hulle
eie god is en daar is nie plek vir die God van hemele nie (alhoewel hulle weet
daar is 'n God). Sommiges glo hulle is
'n god vir die mense, maar speel god onder hulle vervolgers onder die vaandel
van God se Naam, dus, hulle misbruik God se Naam vir hulle eie eer, hulle
mislei al hulle vervolgers. (2 Thess 2)
Die Here praat oor die droogte en verduidelik dit is oor die
verhewenheid van die mensdom dat hier soveel droogte is, die Here gaan nie reen
gee solank hierdie mense hulleself so verhef bo Hom nie. Die Here gaan dit nie laat reen oor mense wat
nie die eer aan Hom daarvoor gaan gee nie.
Die Here wil hê daardie mense moet besef dat God die God van die hemel
en die aarde is, Hy is ook God oor die reen.
Hulle moet hulle trots, arrogansie en hoogmoed los en Hom vra vir
reen. En wanneer God dan die reen stuur,
sal hulle God raaksien vir wie Hy is, en die mense sal besef dit is God wat die
reen gestuur het. Dan sal hulle aan God
die eer gee.
1 Kon 8:35: As die hemel toegesluit bly, dat daar geen
reen is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe
bid en U naam bely en van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig,
wil U dan hoor in die hemel en die sonde van U knegte en van U volk Israel
vergewe - want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel - en gee reen op U land wat U aan U volk as 'n erfenis gegee het.
Die Here gee 1 Kon 18 en dit gaan ook oor die Here wat die reen
gestuur het na die droogte: 37:
"…sodat die volk kan erken dat U, Here, God is, en dat U hulle hart
tot U laat terugkeer."
My hart raak skoon seer oor die mense wat dink hulle is beter as God
en ek sê vir die Here ek is so jammer daaroor, ek is so jammer dat Hy alles
gemaak het, maar tog erken en dien die mense Hom nie. Hoe hartseer moet dit nie die Here maak
nie. Ek sê vir God ek vra onverskoning
vir die mensdom daarvoor. Die Here sê
ja, dis hoekom Jesus kom sterf het - om onverskoning te vra vir die mense se
sondes, dis hoekom Jesus se bloed moes vloei.
Ons moet SKOONGEWAS word met Jesus se bloed. Maar nou kom satan weer en hy leer die mens
iets anders oor die bloed van Jesus.
Pleks dat die mens voor God gaan staan en sy sondes bely sodat God hom
kan skoonwas met die bloed, pleit hulle eerder die bloed oor hulleself!!! Satan kom verdraai alles! Dit is vir hulle te lekker en gemaklik om nie
hulle sondes voor God te bely nie, maar net die bloed van Jesus te vat en dit
oor hulle te pleit. Dit is mos minder
moeite!
As ons nie glo aan God en Sy Seun se bloed nie, kan ons nie
skoongewas word met die bloed nie. Die
bloed word deur God AANGEWEND om ons oe te was sodat ons die heerlikheid van
God moet begin raaksien. Dan eers sal ons die son, maan en sterre raaksien en
besef God het dit gemaak en aan God die eer gee daarvoor.
Voordat Jesus gesterf het, was die mense baie blind en doof vir God,
hulle kon nie Sy heerlikheid raaksien nie, hulle kon nie die son, maan en
sterre raaksien, en God eer daarvoor nie.
Toe sterf Jesus vir God se kinders se sondes, en nou kan God Sy Seun se
bloed aanwend om ons skoon te was. Daar
is 'n baie groot verskil tussen die bloed pleit en om die bloed aan te
wend. Ons mag nie die bloed pleit nie,
maar ons mag in die teenwoordigheid van die Here staan sodat Hy die bloed aan
ons kan aanwend om ons skoon te was, sodat die skille van ons oë af kan val
soos wat met Paulus gebeur het, sodat ons die heerlikheid van die Here kan
raaksien en Hom eer gee daarvoor.
Die winde van vals leringe waai om ons rond:
As mens nie jou sonde voor God bely nie, word jy nie skoongewas met
Jesus se bloed nie. Jy moet jou sondes
voor God bely sodat God die bloed kan aanwend en jou skoonwas van jou sondes. Mense wat Jesus se kosbare bloed oor hulle
pleit, se sondes is nie afgewas by God nie.
Hulle sonde kleef hulle nog aan.
Nou meng die bloed wat hulle pleit met hulle sonde, dit word
"filthy blood". Dit raak taai
en die vals woorde wat in die winde rondwaai, waai teen hulle vas en kleef
hulle aan totdat hulle later pikswart is.
HG woon nie in mense wat swart is nie, Hy woon net in diegene wat
skoongewas is met die kosbare bloed van Jesus.
Die mense glo al hierdie vals woorde wat hulle vaskleef…
Terwyl ek bid, sê die Here Sy
skape is verlore, want hulle oë het hulle verlei en hulle het groener
gras gesien. (1 Petr 2:25: "… julle
was soos dwalende skape…") Hulle
het ander, beter, groener weiding gaan soek en word dan toegesluit saam met
ander skape in 'n kraal wat nie aan God behoort nie. Sy skape is vesprei oor die hele wêreld, so
baie is verlore. Ek wonder toe of dit
ons plig is om die ander skape terug te bring na hulle kraal? En die Here se: "Hoe gaan een skaap 'n ander skaap
help? Die Here sal hulle self terugbring
na Sy kraal toe".
Die Here sê dit is nie vir ons om te loop en allerhande mense te
probeer "red" nie, want Hy sal self diegene red wat gered moet
word. Mense wat ander probeer red, wil
die hero wees, die Here sê Hy sal nie daardie eer aan mense gee nie. Daarom red Hy self wie gered moet word. Die Here sal genadig wees teenoor wie Hy
genadig wil wees. (Ex 33:19
Matt 10:5,6: "Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en
hulle bevel gegee en gese: Moenie gaan
op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie; maar gaan liewer na die VERLORE SKAPE van die
huis van Israel". Dit bevestig dit
wat die Here gesê het oor Sy skape wat verlore is. Ek het nie verstaan nie, want die Here sê een
skaap kan nie 'n ander skaap help of red nie.
Ook het die Here gesê dat Hy Sy skape sal red, ons mag nie probeer om
ander te red nie. Maar hier in Matt 10
het Jesus die 12 dissipels uitgestuur na die verlore skape… En in Matt 28 stuur Jesus weer die mense uit
na die nasies toe:
Matt 28:18,19: "En Jesus het nader gekom en met hulle
gespreek en gese: Aan My is gegee alle
mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen,
maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en
die Seun en die Heilige Gees; en leer
hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."
Ek is deurmekaar daaroor, want die Here sê duidelik ons mag nie
ander probeer red nie, maar in die Skrif staan tog hoe Jesus die dissipels
uitgestuur het na die verlore skape. Ek
bid weer hieroor, en die Here sê weer HY
Al RED!!! Dis hoekom in Matt 10v19
staan: aan Jesus is die mag gegee in hemel en op aarde - Hy alleen het die mag om Sy verlore skape te red. Maar ons moet God se Woord verkondig aan die
mense; ons moet verkondig, ons kan nie
RED nie. Daar is 'n groot verskil tussen
verkondig en red. Dis hoekom God se Hy
sal aan die mens nie daardie eer gee om iemand anders te RED nie. Net Hy kan red, net Hy het die mag. Maar ons moet God verkondig, ons hele lewe
moet 'n getuienis wees van God, ons moet vrug dra. Ons mag mense vertel van God en as hulle
hulle lewe wil oorgee, moet ons hulle doop (v19). Maar dis nie ons wat red nie! Ons moet baie mooi die onderskeid sien tussen
verkondig en red.
Ons moet ons lewens regkry sodat ander Jesus binne ons kan sien -
sonder om 'n woord te se, moet ons Jesus verkondig aan ander. Net soos die son, maan en sterre in Psalm
19:3: "Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag
kondig vir die ander kennis aan" daar is geen spraak en daar is geen
woorde nie - onhoorbaar is hulle stem." Jy hoor nie 'n geluid uit die son,
maan en sterre uit nie, maar deur die lig wat uit hul uitskyn, verkondig hulle
wie God is. Dit is presies hoe ons moet
wees! Sonder om 'n ophef te maak, sonder
om te bulder, moet ons lewens Jesus verkondig.
Net soos die lig uit die son, maan en sterre uitskyn, moet God se lig
uit ons uitskyn. Ons moenie ander probeer oorreed met woorde dat ons God
se kinders is nie, ons lewens moet dit wys, die Lig wat uit ons straal, moet
dit wys. Op hierdie manier verkondig ons
God en moet ons lewens 'n getuienis wees van God se bestaan en liefde.
HUISE IN DIE HEMEL
Die Here wys my die goue strate in die hemel, dis die goudste klein
plaveiblokkies en oral waar die blokkies aanmekaar geheg word, skyn die goud
van onder af deur. Dit is mooier as
mooi. Dan draai ek na links en sien 'n
huis, dis 'n baie groot spierwit huis, met 'n goue naambord teen die wit
deur. My hart breek net daar en ek sê
vir die Here geen mens verdien so 'n huis in die hemel nie,ons is almal sondige
mense. Die Here kan maar vir my 'n
grasdakhuisie ook gee in die hemel, solank ek net by Hom kan wees.
Almal se huise is reeds klaar gebou, almal se name is alreeds op
hulle deure. Diegene wat die Here regtig
uit hul harte liefhet, se huise is klaar in die hemel. Die Here sal elkeen van daardie kinders van
Hom self red! Op Sy tyd. Op die regte tyd. Maar elkeen wie se huisie in die hemel reg
is, SAL gered word deur God.
Daar is baie mense wat dink hulle werke vir God gaan vir hulle 'n
huis in die hemel beteken. Maar dit is
nie so nie. Daar is diegene wat mense
vir God probeer red, maar hulle doen dit met 'n geheime agenda: sommiges doen dit met die idee in die
agterkop oor hulle verdienste in die hemel;
ander doen dit om eer van mense te kry, hulle gee nie die eer aan God
nie (natuurlik maak en sê hulle dat hulle die eer aan God gee, maar dit is
alles leë woorde).
Die Here ken elkeen se hart, as jy met 'n opregte hart die Here dien
uit die diepste van jou hart en Hom liefhet met jou hele hart, verstand en
siel, gaan jy al klaar met jou lewenswyse 'n getuienis vir God wees. Jy het nie nodig om jou stem dik te maak en
toesprake te hou nie, jy het nie nodig om in 'n kerkbank te gaan sit en 'n
leraar te volg nie. Jy het nie nodig om
dooie werke "vir God" te doen soos pannekoek by 'n basaar bak
nie. Dit is alles nuttelose werke! Dit is godsdiens en godsdiens gaan jou nie 'n
huis in die hemel besorg nie. Die Here
soek jou hart! Hy wil 'n lewende
verhouding met jou hê, Hy wil jou tyd hê, Hy wil jou gedagtes regdeur die dag
hê. Alles wat jy doen, moet jy doen tot
die eer van God en nie tot eer van jouself nie.
Mense wat uit hul pad gaan om werke vir die "Here" te doen -
hoeveel van daardie werke doen jy eintlik om die eer vir jouself te vat? Sodat
mense jou kan raaksien en dink jy is 'n goeie kind van God, want jy doen so
baie vir God… Eintlik doen jy dit vir
jou eie naam en nie vir die Naam van God nie.
Dit is hoekom die Here sê Hy het nie 'n mens nodig om Sy werk te doen
nie, Hy red self diegene wat gered moet word.
Maar ons lewe moet getuig van God.
Jou lewe gaan nie getuig van God deur heeldag rond te hardloop en dooie
werke vir Hom te doen nie. Jou lewe gaan
getuig van God wanneer jy tyd saam met Hom deurbring en Hom leer ken. Dit is
die enigeste manier hoe Sy Lig deur jou gaan begin skyn. Dan gaan Sy lig deur
jou begin skyn en die Lig binne jou gaan getuig van God. Dit is hoe jy 'n getuie van God kan
wees. Dit is hoe ons God moet verkondig
- nie deur 'n harde stem en dooie werke nie.
As jou hart opreg is en jy opreg lief is vir God met alles binne
jou, gaan jou hele lewe outomaties om God draai. Jy gaan outomaties God se Woord verkondig, jy
gaan net oor Hom wil praat. Jy gaan dit
nie hoef te beplan om SY Woord te
verkondig nie, want soos die Lig uit jou skyn, gaan dit vanself getuig van
God.
Ps 101:7: "Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my
huis nie bly nie…" As jy allerhande
dooie werke doen net sodat jy eendag 'n groot kroon kan beerf of 'n huis in die
hemel kan kry eendag, maak jy 'n groot fout.
Matt 7:22: "Baie sal in daardie dag vir My se: "Here, Here, het ons nie in U Naam
geprofeteer en in U Naam duiwels uigedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie? 23 En
dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle
nooit geken nie. Gaan weg van My, julle
wat die ongeregtigheid werk"
Ek dink hierdie is van die gevaarlikste dooie werke. Mense wat ander probeer red deur in die Naam
van die Here dinge te doen, wat duiwels uitdryf in die Naam van die Here,
maaaaar……. Dit is alles vals! Hulle
harte is nie by God nie, so hulle doen hierdie dinge net onder die Naam van die
Here, hulle gebruik en misbruik God se
Naam. Hulle doen dit sodat mense hulle
moet eer. Dit is verskriklik hartseer.
Hierdie mense wandel in die wee van satan en nie in die wee van God nie.
'n Rukkie terug het die Here gewys dat ons steentjies in ons hemelse
krone werf deurdat ons opstaan vir God se Naam; dit is nie deur "werk vir
God" wat ons steentjies in ons kroon verkry nie. Die steentjies in ons krone kry ons wanneer
ons bv. opstaan vir God se Naam, wanneer ons iemand anders vermaan vir die Naam
van God, tot eer van God, dan verwerf ons 'n steentjie. Mense gaan jou haat as jy sulke goed doen, bv
om iemand te vermaan, mense hou nie daarvan nie. Maar as jy "werk" doen vir die Here
wat maak dat mense net nog meer van jou gaan hou, is dit nie werk vir die Here
nie, maar werk vir jouself, vir jou eie eer op aarde. Ons moenie twisgierig raak nie, maar ons met
liefde mekaar vermaan en die waarheid praat.
Psalm 24
3
Wie mag klim op die berg van die Here?
En wie mag staan in Sy heilige plek?
4 Hy wat rein van hande en suiwer
van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. 5 Hy
sal seen wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil. 6 Dit
is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek…
Psalm 101
2
…Ek wil ag gee op die regskape wandel … EK wandel in die opregtheid van
my hart, binne-in my huis.
6
My oe sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan
woon; hy wat wandel in die weg van
opregtheid, die mag my dien. 7 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie
bly nie; wie leuens praat, kan voor my
oe nie bestaan nie.
1 Kon 8:23: "Here. God van Israel, daar is bo in die
hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die
goedertierendheid hou vir U knegte wat voor U aangesig wandel met hulle hele
hart."
No comments:
Post a Comment