1 Petr 2:11-12: "Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; 12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking
V21: Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus
ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle Sy
voetstappe kan navolg…"
V25: "Want julle was soos dwalende skape,
maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele"
Die pad
waarop ons moet wandel, is die pad van geloof waar Jesus die leier is. Op hierdie pad loop jy nie agter 'n pastoor
of 'n ander leraar aan nie, maar agter Jesus aan, Hy is die Herder op hierdie
pad. Hierdie pad is baie nou en Jesus sê
in Matt 7:13-14: "Gaan in deur die
nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en
daar is baie wat daardeur ingaan.
14 Die poort is nou en die pad is
smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind." Dit is nie 'n maklike pad as jou fokus nie op
God is nie: dit is 'n wit stowwerige pad vol klippe; sommige klippe is klein, ander is weer groot
en sommiges is sommer so groot soos rotse, wat jou hele pad vorentoe kan
versper omdat die pad so nou is. Daar is
soveel ongediertes langs hierdie pad wat jou gaan probeer bangmaak, ander gaan
jou weer probeer "sweettalk"
om oor te kom na hulle pad.
Kol
2:8: "Pas op dat niemand julle as
'n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die
oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wereld en nie
volgens Christus nie."
Wanneer
ons op God se pad is, moet ons vorentoe kyk, ons moet fokus op God, en nie op die klippe wat om ons gesaai lê
nie. Ons moet geesins fokus of aandag
gee aan die vyand wat hier langs die pad probeer om ons fokus weg te kry
nie. Die vyand langs die pad kom in baie
verskillende vorms voor soos bv. 'n wolf in skaapsklere, en hulle doen enigiets om jou van die regte
pad af weg te kry. Matt 7:15: "Pas op vir die valse profete wat in
skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is." Lees gerus 2 Petr 2; 2 Thess 2;
1Tim 4; 2 Tim 3 en 1 Joh 4 oor vals mense wat hier langs die pad staan
om jou te verlei.
Die vyand
gaan ook probeer om slange en skerpioene in jou pad te gooi om jou bang te
maak, en op so manier jou fokus van Jesus af weg te kry, maar gelukkig het
Jesus vir ons die outoriteit gegee om op slange en skerpioene te trap.
Luk
10:19: "Kyk, Ek gee aa julle die
mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
Jesus genees jou seer voete
Mens se
voete raak baie seer op hierdie pad, veral as jy nog nie lank op hierdie pad is
nie. As jy nog jonk op die pad is,moet jy nog leer waar jou fokus moet wees en
jou voetsole is nog baie dun. Omdat jou
fokus nog nie reg is nie, en jy hierdie klomp klippe om jou raaksien, stamp jy
jou tone stukkend teen die klippe in die pad, maar dit is 'n goeie ding, want
elke keer as jou voete te seer en stukkend is om aan te stap, en jy gaan sit,
is Jesus daar om jou voete te genees van al die stampe en stote. En elke was Jesus jou voete en genees Hy jou
voete. Hy salf jou voete en dan maak Hy
jou voetsole dikker sodat jy makliker die pad kan stap. So hoe stukkender jou voete raak op die pad,
hoe meer tyd moet jy spandeer saam met Jesus om jou voete te genees. Prakties in ons alledaagse lewe: hoe seerder die lewe jou maak, gaan sit net
elke dag 'n tyd stil by Jesus se voete sodat Hy jou kan genees van al die seer
van die lewe. Jesus is die Woord -
spandeer tyd met die Woord en in gebed, en met die tyd sal jy agterkom jy stap
makliker deur die lewe op die pad, jou voete raak nie meer so seer nie. Dis omdat Jesus in al daardie tyd wat jy gaan
stilsit by Hom, vir jou dikker voetsole gee.
Jesus
was jou voete
Soos ek
gese het, is hierdie pad baie stowwerig.
Soos wat ons loop, maak dit wit stofwolke om ons, dus word ons voete
baie vuil van al die stof. Op 'n dag het
die Here gese ek moet oplet op die stofwolke op die pad. Ek het vir die Here gevra wat is die doel van
die baie stof? Toe verduidelik die Here
dat dit net Sy pad, die regte pad, is wat die stof het. Die ander afdraaipaaie het nie die stof nie,
want daardie paaie is sagter om te loop met minder klippe, ongediertes en
stof. (Hoe nader jy aan die Here gaan
leef, hoe meer ongediertes gaan jou probeer verpes langs die pad). So as daar stofwolke om jou is, dan is jy op
die regte pad. Dit is God se plan dat
ons voete vuil word, sodat ons elke dag sal gaan stilsit by Jesus se voete
sodat Hy ons voete kan was. Dan was Hy
al die stof van die dag van jou voete af.
As jou voete boonop stukkend is, is dit waar jy heling kry vir jou seer
voete ook en natuurlik maak Jesus elke keer ons voetsole mos dikker. Dan sal ons met tyd hierdie pad al hoe
makliker stap.
Dus
verstaan mens nou Jesus se woorde in Joh 13 waar Hy se: "If I don’t wash you, you don’t belong
to Me." Want as jy op die verkeerde
pad is, gaan jou voete nie vuil word nie, en dit gaan nie vir jou nodig wees
dat Jesus jou voete was nie. Dus is jy
dan op die verkeerde pad. Mag jy op die
regte pad wees sodat ook jou voete elke dag gewas kan word deur die enigste God
wat jou kan reinig en genees.
Soos jy
stap op die pad, lig jou kop omhoog en moenie afkyk nie. Die oomblik dat jy af en om jou rondkyk, sien
jy al hierdie klippe en die klomp ongediertes in die pad. Dit gaan jou senuweeagtig maak, en dadelik
gaan jy begin vrees en bekommerd raak oor al hierdie klippe en
ongediertes. Dadelik is jou fokus op jou
probleme, en nie op God nie. Ons moet
opkyk na bo sodat ons die reënboog kan sien wat God oor ons pad span.
Beloftes van God op ons pad
As jou
fokus reg is, en jy hou jou kop omhoog na God, sal jy die pragtige reënboog
raaksien wat God oor jou uitspan. Maar
as jy fokus op die klippe en die vyand, gaan jy nie jou reenboog raaksien nie. Die reëboog bestaan uit 7 kleure en elke
kleur van die boog simboliseer 'n ander seën wat God oor jou wil spreek, dit
simboliseer 7 beloftes wat God vir jou wil gee, elke kleur staan vir 'n sekere
belofte. Maar jy moet jou kop omhoog hou
en fokus op die hemel, na God, en jy
moet jou fokus heeltemal wegvat van die wit stowwerige pad. Dan sal jy begin om die reënboog raak te sien
en ook die ander 7 beloftes wat opgesluit lê in die hemel vir ons:
Die
beloftes van God aan ons lê opgesluit in die son, maan, sterre, wolke, reën,
dou en hael.
Jy sal
die son helder sien skyn wat vir jou gensesing bring; jy sal die wolke en die reën sien wat vir jou
restourasie bring. Jy sal die dou uit
die hemel sien wat vir God daagliks vir jou stuur as seën; jy sal die maan sien wat wag hou oor jou en
die sterre sal jou herinner om net so "brightshining" soos hulle te
wees in 'n nagdonker wêreld. En dan is
daar die hael as waarskuwing as jy nie wandel in vrees vir God nie.
Die Here
het al 'n paar keer in die Gees my op hierdie pad laat stap en hierdie keer vra
die Here hoe voel die pad nou vir my?
Voel dit vir my beter of slegter?
EK sê dit raak beslis net beter, asof die pad makliker raak, asof daar
nie so baie stof en klippe en ongediertes is nie. Die Here sê ek moet om my rondkyk. Ek sou verwag dat die pad regtig minder
stowwerig is, minder klippe en minder ongediertes, maar toe ek kyk na die pad,
lyk dit presies soos dit gelyk het:
nogsteeds wit en stowwerig, die klippe op die pad en al die ongediertes
is nogsteeds langs die pad. So die pad
het glad nie makliker of beter geword nie, maar ek het geleer om nie te fokus
op die pad en die klippe en die ongediertes nie. Ek het geleer om op te kyk na God, om te
fokus net op Hom alleen, maak nie saak hoe die pad lyk nie.
Klippe op ons pad
Ek vra
die Here waar kom hierdie klippe op ons pad vandaan? Is dit satan wat hierdie klippe op ons pad
rol? En die Here sê nee, ons paadjie was
vir ons uitgelê nog voor ons gebore is.
Die Here het elkeen se pad op 'n unieke manier geskep met elke klip
presies op die plek waar die Here dit wil hê.
Dit is struikelblokke in ons lewens om te leer en ons te
"toets". Ons moet leer om die
regte keuses te maak, en die regte keuse is nie om daardie klip self uit jou
pad uit te rol nie, maar om afhanklik te raak van God en elke klip oor te gee
aan God sodat Hy die klip vir ons uit die pad kan rol. Dit leer ons weer geloof in God. So die Here sit die klippe op ons pad om ons
te leer om ons probleme vir Hom te gee en geloof in Hom te hê en te weet Hy sal
dit vir ons uit die weg ruim. Dit
beteken nie ons moet hande gevou sit en alles in God se hand sit en verder niks
doen nie. Ons moet ook ons kant bring,
maar ons moet seker wees ons word gelei deur God. Wanneer ons die klippe oorlaat in God se
hand, gee Hy ons leiding rondom die klip.
Wanneer die klip dan uit ons pad is, moet ons ook besef dit was nie ons
wat daardie klip uit die pad gerol het nie, maar God, en ons moet al die eer
aan Hom gee daarvoor en ander mense moet
ook kan sien dat God ons probleme vir ons uitsorteer en hulle moet kan
leer uit ons geloof sodat hulle ook die eer aan God kan gee daarvoor en ook
leer om so te vertrou op God.
1 Petr
1:7: "The purpose of these troubles
is to test your faith as fire tests how geniune gold is. Your faith is more precious than gold, and by
passing the test, it gives praise, glory and honor to God"
As ons
fokus op 'n groot klip in ons pad, dwing dit ons om self 'n keuse te maak, om
'n plan uit te dink om die klip weg te rol, want ons dink ons gaan ons tone en
voete stukkend stamp as ons nie self iets doen nie. Ons mag nie ons klippe self uit die pad uit
rol nie. En sommige klippe is in elk
geval so groot dat jy dit nie self uit die pad gaan kan rol nie. As jy in die eerste plek nie begin fokus het
op die klip nie, maar jou fokus op God gehou het, sou jy die situasie vir God
gegee het en jou leiding om hierdie klip, by Hom gekry het. Dan sou jy nie voor 'n groot keuse te staan
gekom het en boonop die verkeerde keuses gemaak het nie. Maar omdat jy dit self uit die pad wil
wegrol, staan jy voor 'n goot keuse in jou lewe. Sommige klippe is klein, so jy kan nog daarmee
wegkom om self jou pad te vind om hierdie klip, maar daar is klippe wat God
geplaas het op sekere plekke wat jou hele pad versper. Dit is vir jou onmoontlik om hierdie rots uit
jou eie krag weg te rol en die rots versper jou hele pad vorentoe - daar is nie
'n manier om verby hierdie rots te kom nie.
Breë pad
Satan
weet presies waar hierdie rotse in jou pad is, en hy het vooraf gegaan en by
die rots vir jou 'n maklike afdraaipaadjie geskep. Dus gaan jy die afdraaipaadjie neem omdat jy
nie die rots uit die pad kan kry nie….
Dit is
die grootste fout wat jy kan maak, want God skep nie afdraaipaadjies nie, dit
is satan wat die afdraaipaadjies in jou pad inwerk. Omdat jy so gefokus is op die rots, lyk dit
vir jou die maklikste om die afdraaipad te kies, maar min besef jy jy stap nou
op die pad wat na satan se breë pad lei.
Hierdie afdraaipaadjie is 'n lekker maklike pad, dit is nie 'n wit warm
stofpad nie, maar 'n lekker koel pad sonder klippe of ongediertes, maar
ongelukkig lei dit na die verderf. Dit
is 'n lekker paadjie, want jy gaan baie geselskap hê op hierdie pad. Onthou net, dis die breë pad, dis die pad
waarop die meeste mense stap! Filip
3:18: "Baie wandel as vyade van die
kruis van Christus." Niemand fokus
hier op God nie, eerder op hulself.
Niemand kry regtig warm op die breë pad nie, want hier is baie
koeltebome waar hulle heerlik kan ontspan op die hitte van die dag met 'n
yskoue water wat die wêreld hulle bied.
Hier onder die koeltebome kuier almal lekker saam. En jaaa, hier gesels hulle oor God ook. Maar ongelukkig sit hulle onder die
koeltebome op die verkeerde pad - God se son skyn nie op hulle nie. Hier is nie klippe nie, dus word hulle nie
deur God se beproewings geleer nie, hulle leer nie om op God te vertrou
nie. Hier is nie ongediertes wat hulle
verpes nie… Nou maak dit sin dat 'n mens
so baie hoor - dit gaan altyd goed met slegte mense….. Dis omdat hulle op die breë pad is waar nie
klippe en ongediertes is nie!
Jes
8:11,12: "Hy my vermaan het om nie
te wandel op die weg van hierdie volk nie, met die woorde: 12
Julle mag nie alles 'n sameswering noem wat hierdie volk 'n sameswering
noem nie, en julle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik wees
nie…"
Moenie
die paaie kies wat die meerderheid kies nie, jy is veronderstel om EEN met God
te wees, nie een met ander mense nie. Jy
is veronderstel om op jou pad in die hitte van die son te stap sodat die son ou
kan brand en jou laat sweet. Jy is nie
veronderstel om onder koeltebome weg te kruip vir die son sodat jy nie warm kry
nie. Jy is veronderstel om op hierdie
warm droë pad die lewenswater by God te kry elke dag, nie die wêreld se water
onder koeltebome in die die gemaklikste omstandighede en in geselskap met baie
ander mense nie. Jy is veronderstel om
voete vol stof te hê sodat jy elke dag by Jesus se voete kan gaan sit sodat Hy
al die stof van jou voete kan afwas. As
jy op die breë sagte pad is, gaan jou voete nie vol stof wees wat Jesus kan
afwas elke dag nie.
Kom weg
van hierdie breë pad af. Soek weer die
pad wat God jou voor bestem het. Satan
gaan sorg dat daar nie 'n afdraaipad is terug na God se pad toe nie, maar jy
sal moet kyk waar daar 'n pad is wat aansluit by die breë pad - 'n afdraaipad
wat van die nou pad af kom. Jy sal dan
teen die stroom mense, wat vanaf die nou paadjie kom (hulle wat die afdraaipad
gekies het a.g.v die groot klip in hul pad op die nou pad), moet terugstap na
die nou pad. Die mense gaan jou uitjou,
want hulle gaan nie verstaan hoekom jy teen die hoofstroom gaan nie. Jy gaan met tye baie twyfel en wonder of jy
nou die regte ding doen, want dit voel op daardie stadium jy is die enigste een
wat terugdraai na die regte pad toe. Jy
gaan wonder of jy nou reg of verkeerd is.
Maar ons is nie gemaak deur God om mense te volg nie, ons moet God volg
en die enigste plek waar jy God kan volg, is op die nou paadjie, op die ware
Weg. Filip 1:28: "dat julle jul in geen opsig laat
afskrik deur die teëstanders nie. Dit is
vir hulle wel 'n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van
God"
Wanneer
jy op die nou weg stap en jy hou jou kop omhoog, leer jy om te vertrou net op
God. Jy glo al hoe meer in God en jy
weet Hy sal opkom vir jou. Jy weet Hy
sal die klippe uit jou pad uitrol.
Waneer jou geloof so begin groei in God en jy waarlik GLO in die enigste
ware God, begin die engele jou borswapen van geregtigheid vleg wat God dan vir
jou in die Gees aantrek. Satan kan van
die kant van die pad af jou met sy gifpyle probeer skiet, maar dit kan dan nie
deur jou borswapen van geregtigheid kom nie, dit kan jou nie in die hart tref
nie, dit kan jou niks maak nie. Maar
hierdie borswapen kry ons eers wanneer ons waarlik glo in God.
Soos jy
stap op die Weg, kyk op na die son wat simbolies God is. Sy reddende en genesende strale skyn op jou,
Sy Lig laat jou lewe en laat jou groei.
Dit gee jou krag vir elke dag.
Sonder God se strale kan jy nie groei in die blom wat God wil hê jy moet
wees nie. God se blomme soek baie son om
te groei en te oorleef.
Kol
1:9-10: "Daarom hou ons ook nie op
nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat
julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike
insig, 10 sodat julle waardiglik voor
die Here mag WANDEL om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug
mag dra en in die kennis van God mag GROEI…"
In die
skadu gaan God se blomme nie groei nie, so as daar van God se blomme op die
breë pad is wat onder die koeltebome sit en wêreldse water drink, gaan hulle
nie groei nie. Ons moet in God se
ligstrale beweeg en Sy Lewende Water elke dag inkry om te groei.
Kol
2:6-7: "Soos julle dan Christus
Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, gewortel en opgebou in Hom en
bevestig in die geloof soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is
in danksegging"
Soos ons
ons koppe omhoog hou in die son, en ons nie fokus op die klippe in ons pad nie,
maar op God en Sy beloftes, begin God se
beloftes ontvou om ons. Maar vir die
beloftes om te omvou in ons lewe, moet ons ons oë daarop hou! Dan sien ons die reddende, helende krag van
die son, die wolke wat die belofte inhou vir restourasie en wat die pad vir ons
aandui, die reën wat ons skoonwas en verfris, die maan wat wag hou oor ons, die
sterre wat blink en ons herinner om ook so "brightshining" te wees,
die dou vir elke dag se seën en salwing van God af en dan die hael wat vir ons
'n waarskuwing is. As ons ons oë op
hierdie beloftes van God hou, sal ons dit sien manifesteer in ons lewens, maar
as ons ons oë op die klippe in ons pad hou, gaan ons nie die beloftes raaksien
wat wag om te gebeur in ons lewens nie, en gaan dit dus ook nie geskied in ons
lewe nie.
Psalm
25:4: "Here, maak my U weë
bekend; leer my U paaie
5 Lei my in U waarheid en leer my, want U is
die God van my heil. U verwag ek die
hele dag.
8 Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die
weg.
9 Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die
ootmoediges Sy weg leer.
10 Al die paaie van die Here is goedertierenheid
en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
12 Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet
kies.
15 My oë is altyddeur op die Here, want Hy sal
my voete uit die net uitlei.
Kol
3:1-: "As julle dan saam met
Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die
regterhand van God sit. 2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op
die aarde is nie."
Jes
8:11-15: "Want so het die Here met
my gespreek toe sy hand my oorweldig het en Hy my vermaan het om nie te wandel
op die weg van hierdie volk nie, met die woorde: 12
Julle mag nie alles 'n sameswering noem wat hierdie volk 'n sameswering
noem nie, en julle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik wees
nie. 13
Die Here van die leërskare - Hom moet julle heilig, en laat Hy julle
vrees en Hy julle versrkikking wees.
14 Dan sal Hy vir julle 'n heiligdom
wees, maar 'n klip waar 'n mens teen stamp en 'n rots waar 'n mens oor
struikel, vir die twee huise van Israel, 'n vangnet en 'n strik vir die
inwoners van Jerusalem. 15 En baie onder hulle sal struikel en val en
verbreek en verstrik en gevang word.
No comments:
Post a Comment