Hierdie deel handel oor die Woord wat 'n skerp tweesnydende Swaard is wat uit die mond van God. God wil hê ons moet hierdie Swaard opneem sodat Hy deur ons kan werk...
Met die mond eet ons die Woord - Manna. Manna kom direk uit God se mond, dit is vasgevang op papier vir ons om in te neem. Dis geestelike voedsel. God sê deur die Woord ons het nie kos nodig nie, ons het net Sy Woord as kos nodig - Manna. Deutr 8:3: "... dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uigaan" En dis so wonderlik om te dink dit kom direk uit God se mond uit, dit voed ons. Dit moet verteer word in ons binneste sodat ons bloedstroom dit kan opneem. Dit gaan ons help om te verander na die beeld van Jesus waarna ons moet streef. Sonder Manna, sonder geestelike kos, sal ons nooit kan groei na Jesus se beeld nie. En sonder Manna gaan Jesus nooit binne ons leef nie. Sonder Manna gaan Jesus se bloed nie vloei in ons are nie. Dit gee ons krag, help om ons stabiel te wees, ons is niks sonder God nie, sonder God is ons leë doppe, het ons nie krag nie. Mense besef hulle is kragteloos en soek dan hulle krag in wêreldse dinge. Sommige dink hulle kry krag uit wêreldse roem, eer en rykdom, maar dis van korte duur, dit is leë, nietige, waardelose krag. Ons kry ons krag alleenlik deur Manna te eet, dus kry ons ons krag direk van God.
Net soos Manna uit God se mond, sê Openb 1:16 daar is 'n skerp tweesnydende swaard wat ook uit Sy mond uitgaan. Hierdie Swaard gee God vir ons om mee te veg. Maar eers wanneer ons die Manna waarlik inneem, en dit ons van binne verander, kan die Woord weer by ons mond uitgaan as 'n Swaard. Ons moet gekonnekteer wees met God dat die Swaard vanaf Hom deur ons kan werk. Ons kan nie verwag om die Swaard te gebruik, maar ons neem nooit Manna in nie. As jy nie Manna inneem nie, is jy nie gekonnekteer met God nie en kan Sy Swaard nie deur jou werk nie. Daarom is dit so belangrik dat ons 'n skoon "vessel" vir God moet wees, sodat Hy ons kan gebruik. Hierdie Swaard is Woord en daar lê soveel krag in die Woord, maar sonder God is dit kragteloos. As ons die Swaard gaan prober gebruik sonder God se krag, gaan satan vir ons lag. God se krag moet in ons en deur ons werk na buite. Dan eers word die Swaard n tweesnydende Swaard.
Manna kom uit God se mond vir ons om in teem as voedsel sodat dit ons kan reinig en ons kan verander na die beeld van Jesus. Die Swaard kom ook uit God se mond wat ook die Woord is wat God deur ons wil gebruik. Die Swaard is stewig en swaar, en ons het regtig 'n stewige en standvastige fondasie en greep nodig om die Swaard te kan optel en hanteer. As ons die Manna inneem, word ons liggaamlik en geestelik sterker sodat ons die Swaard in 'n stewige greep kan houvas. Sonder God is ons 'n lewelose pap liggaam, dus sonder Manna is ons 'n pap, lewelose liggaam wat nooit die Swaard sal kan hanteer nie. So sonder Manna gaan ons nie die Swaard kan optel of houvas nie. Ons het eers die Manna nodig om ons op te bou. Wanneer ons gekonnekteer is met God, ons is sterk genoeg deur God se krag en ons kan die Swaard hanteer, kan ons die Swaard gebruik tot eer van God. Dan word die Skrif van Hebr 4:12 waar in ons lewe: "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart."
Op 'n dag wys die Here vir my in die Gees 'n papajaboom met n' mooi ryp papja wat reg is om te eet. Die Here vra my hoe gaan ek daardie papaja daar afkry sonder om die boom te klim of om n leer te gebruik. Ek kan ook nie wag totdat daardie papaja daar afval nie, want hy gaan stukkend val en dan gaan ek dit nie kan eet nie. Ek staan en dink hoe gaan ek daairdie papaja daar los kry sodat ek dit net kan vang. Die Here vra my of ek dink ek die Woord, die Swaard van God, mag gebruik om daardie papaja daar los te sny sodat dit kan val en ek dit kan vang op die regte tyd? Ek staan en dink vir 'n rukkie of dit aanvaarbaar sal wees in God se oë om die Swaard te gebruik om die papaja te beveel om los te kom van die boom sodat ek dit net kan vang, maar dit voel nie vir my reg nie, dit voel vir my soos 'n "magictrick" as ek dit op so wyse gaan doen. En God se mooi! Ons mag nie die Woord gebruik vir iets wat nie n gees het nie, dan word dit satanies van aard. Net iets wat 'n gees het, mag ons die Woord as Swaard, op gebruik.
Habakuk 2:19: "WEE HOM WAT VIR N STUK HOUT SE: Word wakker, vir n dooie klip: Ontwaak. Kan hy 'n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is GEEN GEES IN SY BINNESTE NIE."
Nogsteeds wil die Here weet hoe gaan ek dan daardie papaja daar afkry? Ek se nee, ek weet nie. Die Here sê, dis eintlik so eenvoudig, ons moet leer om fyner na Hom te luister en gehoorsaam te wees. Hy weet presies wanneer daardie papaja ryp is en gereed is om self af te val. As ek gefokus is op God en mooi luister na Sy stem, sal Hy presies op die regte tyd vir my waar ek moet gaan staan onder die boom, sodat ek die papaja kan vang wanneer dit val.
Sag 4:6: "Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, se die Here van die leerskare."
Ek begin nou besef hoe ons sintuie moet saamwerk om God te ken en gehoorsaam. Met ons mond eet ons die manna, en ook moet ons ons ore geestelik instel om te luister na God wanneer Hy ons vermaan en lyding gee.
No comments:
Post a Comment