Die hele
Ps 19 gaan oor die wonderlike Woord van God en dat ons ons moet vasmaak aan die
Woord en die insettinge van God. Ons
moet bly op die Weg van God, ons moenie afdraaipaadjies vat nie. Lees gerus die onderwerp op die blog:
"God se nou pad". Ons moet in
Sy voetstappe volg, ons moet Sy Weg bewaar sonder om uit te draai. (Job 23:11) Hoe weet jy jy is op die regte pad???
Daar is
op ons pad baie vals profete, vals leraars, wolwe en ongediertes wat ons op 'n
baie subtiele manier probeer weglok van God se pad af. Hulle hou vir ons lekkernye of 'n lekker stuk
"steak" om ons te lok na hulle pad toe, sodat ons die pad moet byster
raak, weg van God af. En moenie verbaas
wees nie - moenie die vyand gaan soek wat soos 'n kinderprentjie van satan lyk
nie! Hy werk deur so baie verskillende
vorms, selfs deur die vorm van soveel leraars, pastore, profete, diakens,
ouderlinge….
So hoe
weet ons waar is die regte pad? Hier is
soveel paadjies uitgelê in hierdie wêreld, elke kerk het sy eie paadjie wat hy
volg en wat hy sy mense laat volg. En
die mens wat nie onderskeidingsvermoe het nie, glo sy kerk is reg, want dit
gaan mos oor God. Maar wees versigtig,
want oor watse god gaan dit eintlik in jou kerk?
Hoe weet
jy jy is op die regte pad? Hoe weet jy verseker dis nie die pad van Balak
nie? In Openbaring 2,3 en 4 word daar gewaarsku teen sulke kerke. Moenie dink oordat jy kerk toe gaan, jy is
reg en jou saak met God is reg nie, asb.
Jou alledaagse verhouding met God moet reg wees, jou hart en gesindheid
teenoor God moet reg wees, nie jou warmgesitte sitplek in die kerk nie - want
as jou sitplek warm gesit is in die kerk, is die kans goed dat jou hart lou of
selfs yskoud vir God is. Hoe voel jou
sitplek in die kerk teenoor jou knieë?
Dis waar God ons wil he, op ons knieë, een tot een met Hom. Hoe lyk jou Bybel? Vol stof op die bedkassie of miskien in 'n
boekrak? Net reg om te gryp wanneer jy
kerk toe gaan? Openb 3:15,16: "Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en
ook nie warm nie. Was jy tog maar koud
of warm. Maar nou, omdat jy lou is en
nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug."
Sien jy
God se aanwysings en rigtingborde op die pad waarop jy is? Of is jy verdwaald in 'n woud op soek na
padaanwysings? Daar is net een regte pad
en dit is die pad wat God ons leer om op te loop. En daardie padaanwysings kry jy alleenlik by
God, deur Sy Woord, nie by die kerk of enige ander plek nie. Jy kry daardie padaanwysings alleenlik deur
Manna te eet.
Ps 119
(The Message): (1-8) You're blessed when you stay on course,
walking steadily on the road REVEALED BY GOD.
You're blessed when you follow His directions, doing your best to find
Him. That's right, you don't go off on
your own; you walk straight along the
road He set. You, God, prescribed the
right way to live; now you expect us to
live it.
…I thank
You for speaking straight from your heart…
The
Message (9-16) How can a young person
live a clean life? BY CAREFULLY READING
THE MAP OF YOUR WORD!!! I'm
single-minded in pursuit of you; don’t
let me miss the road signs you've posted.
…. Be blessed God; train me in
Your ways of wise living. I'll transfer
to my lips all the counsel that comes from your mouth; I delight far more in what You tell me about
living than in gathering a pile of riches.
I ponder every morsel of wisdom from You….
Waarheen lei die pad waarop jy is?
Joh 14:
6: " Ek is die weg en die waarheid
en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie" Jesus is die enigste weg, die waarheid lê IN,
en by Hom. Ons besef nou al dat Jesus is
die Woord. Wanneer ons die Woord,
oftewel Manna inneem, vul die Manna ons van binne af en omdat die Woord ook
Jesus is, is dit Jesus wat ons inneem.
Hy begin leef binne ons. Ons raak
een met God. Joh 14: 20: "In die dag sal julle weet dat Ek in my
Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
23 As iemand My liefhet, sal hy
My woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by
hom woning maak." Ons raak gevul
met die Gees en die Gees begin ons leer en lei.
Elke woord in die Bybel is Geesvervuld, want dit kom uit God se
mond. So wanneer jy hierdie Geesvervulde
Woord inneem, raak jy ook Geesvervuld van binne af. Dit is die HG wat binne jou kom woon en jou
leer.
Joh
14:17: " Gees van die waarheid wat
die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en
in julle sal wees." Maar om die
Gees van waarheid te kan ontvang, moet ons Hom KEN. Hoe ken ons Hom? Deur die Woord in te neem. Joh 14:26:
" maar die Trooster, die Helige Gees, wat die Vader in my Naam sal
stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle
gese het."
As jy op
die weg van waarheid en lewe is, sal jy Manna inneem en God sal jou deur die HG lei. Dan het jy nie nodig om deur enigiemand
anders gelei te word nie. Maak net seker
jy is op die pad van God en nie verdwaald nie…
Verlore in die woud
Kom weg
van al die afdraaipaadjies wat die kerke leer en tel jou Bybel op. Begin rigting soek in die Woord, maar die
belangrikste is om vir God te soek in die Woord. Jy SAL Hom vind (2 Kron 15:2). Raak lief vir God deur die Woord en leer ken
Sy padaanwysings. Laat God toe om jou te
begin leer deur Sy Woord. Hy sal vir jou
direk die padaanwysings gee. In Joh 14:5 vra Thomas vir Jesus: "Here, ons weet nie waar U gaan nie, en
hoe kan ons die weg ken?"
Baie
mense doen nie moeite om te soek na die regte pad in die Woord nie. Hulle dink daar is makliker maniere, maar ek
is jammer om dit so kras te stel, maar daar is geen ander manier nie. As jou lewe draai om die wêreldse dinge en jy
nie tyd maak om God te vind IN DIE WOORD nie, gaan jy probleme optel. Jy gaan die Koningryk van God mis. As jy God in ander materiaal buiten die Woord
soek, gaan jy 'n ander god ook vind. Dis
nie die God van die Bybel nie. As jy God NET in 'n kerk gaan soek, gaan jy Hom
ook nie vind nie. Jy moet Hom binne-in
jou vind. En jy vind Hom op hierdie
manier deur die Woord in te neem.
Baie
mense raak verdwaald in die lewe, want hulle soek vir God op die verkeerde
plek. Hulle soek padaanwysings en
rigting en raad by die verkeerde bronne.
En dan hoor hulle soveel goed en lees soveel goed en weet later nie meer
wat om te glo nie. Hulle raak verdwaald
in 'n yslike woud en hardloop van boom na boom om rigting, raad en insig te
kry. Daar is hope verskillende padaanwysings en raadgewings
teen die boombasse vasgespyker en wanneer die mens paniekerig raak, hardloop hy
so vinnig hy kan om tog net die regte rigting of raad te vind. Mens, jy soek jou raad by die verkeerde
bron! Hierdie bome is soos die
afgodsbome in die ou tyd waar die mense bymekaar gekom het om Baal te aanbid. Wil jy regtig jou raad en insig by Baal
kry? Raak net rustig en kom tot in die
middel van die woud waar jy 'n lig sal sien skyn uit die hemel uit. Hierdie lig skyn op jou antwoord. Die Woord!
Gaan sit stil by hierdie lig en begin die Woord lees. Al jou antwoorde en padkaarte vir die lewe is
in hierdie Geesvervulde boek. Raak
eerder verdwaald in hierdie wonderbare Boek wat ons Vader vir ons gegee het as
hulpmiddel deur die lewe. Staan stil by
elke gedeelte en ondersoek die Woord vir alles waarna jy soek. Dit vat
toewyding en geduld van ons kant af, want die mens soek 'n antwoord nou dadelik
op sy probleme, maar ek verseker jou, as jy een keer vir God so gesoek en
gevind het, sal jy nooit weer op 'n ander plek raad en antwoorde soek nie. God belowe in Sy Woord as ons Hom soek, sal
Hy Hom deur ons laat vind, (2 Kron 15:2) maar soms vat dit tyd. So wees net geduldig, God is besig om aan jou
hart te werk terwyl jy Hom soek en op Hom wag… Hy wil hê jy moet solank wegraak en
verdwaald raak in Sy Manna. Jy sal jou pad vind soos jy die Manna inneem,
want soos jy hierdie Geesvervulde woorde inneem in jou gees, raak jy al hoe
meer Geesvervuld. En soos wat jy
Geesvervuld gaan begin raak, gaan daar
'n lig op jou pad begin skyn en jy gaan duidelik begin sien waar jou pad heen
lei, waar jy moet loop, waarheen die padaanwysers wys… Ps 119:105:
"U Woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad"
Verveeld met die Woord - sit om in heksery
Mense
spandeer nie genoeg tyd met die Woord en God nie, hulle raak vinnig
"verveeld" met die Woord of hulle verstaan nie wat hulle lees in die
Woord nie, en begin dan gryp na allerhande ander goed, hulle begin hulle gees
vul met ander snaakse leringe, goed wat meer interressant klink as die
Woord. Hierdie mense het dan die
verkeerde padaanwysings gevolg wat hulle op 'n boom in die woud gekry het,
hierdie padaanwysings kom nie uit die Bybel nie. En as iemand met my wil verskil daaroor, is
jy welkom om my te kontak. Kry asb net
eers jou Skrif uit die Bybel uit reg om dit wat ek hier sê, teen te staan. Want dit staan nêrens in die Bybel dat ons
hierdie goed moet doen nie. Ek noem dit
sommer towerwoorde! Heksery!
Duiwelswerk! Ek is jammer as ek vir die soveelste keer hieroor skryf, maar ek
glo hierdie is 'n onderwerp op sy eie wat vir God baie hartseer maak. Mense wat God se Naam misbruik om in die
geestesdimensie te veg! En dis 'n ding
wat so toeneem - om in die geestesdimensie net te spreek en dit sal gebeur, om
teen die bose te begin veg, om allerhande geeste te hied en gebied deur "geheimenisse" wat blykbaar deur
God aan mense geopenbaar is. Hoe kan jy
deurmekaar raak met die geestesdimensie as jy nie die Koning van die dimensie
ken nie? Hoe wil jy veg vir jou Koning
as jy nie Sy hart en Sy hartsbegeertes vir jou ken nie? Weet julle, daar is soveel mense wat glad nie
eers die wapenrusting verstaan nie.
Hulle dink dit is om elke oggend op te staan en 'n vinnige gebedjie op
te sê en vir God te vra om jou wapenrusting vir jou aan te trek. Dit is glad nie waaroor die wapenrusting gaan
nie. 'n Groot deel van die wapenrusting
ontvang jy van God wanneer jy in die regte verhouding met God staan.
Hierdie
mense glo ook dat die bloed van Jesus dit vir hulle moontlik gemaak het om in
die geestesrealm te veg, dat hulle net Jesus se bloed oor hulself moet pleit en
dan kan hulle gaan veg. Dit is die
grootste fout wat mense maak. Hierdie
mense wat dit doen, ken nie die Woord nie, hulle leef en teer nie op Manna nie,
hulle het nog nie hulle doel op aarde gehoor van God af nie. Want God het ons nie gestuur om die bose te
kom veg nie, Jesus het dit alreeds kom doen en Hy het die bose alreeds
oorwin. Ons moet ander werk vir God doen
op aarde, maar nogsteeds die vyand teëstaan.
Daarvoor het ons die wapenrusting nodig, maar ons moenie om elke hoek en
draai die vyand en geeste beveg nie.
Vleis aan afgode geoffer
Daar is
soveel paniekerige mense wat dadelik antwoorde op hulle probleme soek, hulle
het nie die geduld om rustig by God se voete met Sy Woord te sit en te wag op
God nie. Hulle soek nou dadelik 'n
antwoord of 'n oplossing. Dit is presies
waarvoor die vyand langs jou pad staan en wag.
Hy staan met 'n lekker vet stuk "steak" en maak asof hy die
antwoord is op jou probleme. Omdat jy
nie geduldig op God wil en kan wag nie,
vergryp jy jou dalk aan die vleis waarmee die vyand jou lok. Die Manna was vir jou te lig gevind, en jy
het iets bietjie swaarder gesoek, en as jy dit gaan soek, gaan jy dit kry
ook. Net soos die Israeliete van ouds
wat in die woestyn die manna moes eet - hulle het vinnig verveeld geraak met
die smaak van die manna en het begin murmureer na meer. Num 11:6:
"Maar nou is ons siel dor;
daar's gald niks nie: net die
manna is voor ons oë" Hulle was nie
meer tevrede met die goeie wat uit God se hand gekom het nie, hulle het God
geterg hierdeur en die toorn van die Here het ontvlam (v10). En die Here het gesê: "Julle sal nie een dag of twee dae eet
nie, of vyf dae of tien dae of twintig dae nie - 'n hele maand lank, totdat dit
uit julle neus uitkom en julle daarvan walg;
omdat julle die Here wat in julle midde is , verwerp het… " God is die Woord, die Manna. As ons ontevrede raak met die Manna wat God
ons gee, verwerp ons ook vir God.
Daarom
het God vir die Israeliete kwartels gestuur; hulle het hulle vergryp daaraan en
soveel het gesterf. V33: "Die vleis was nog tussen hulle tande,
voordat dit gekou was, toe die toorn van die Here alreeds teen die volk ontvlam
het, en die Here het onder die volk 'n baie groot slagting
teweeggebring." Dieselfde gaan met
jou gebeur as jy nie meer tevrede is met die Manna nie. Manna kom uit God se mond, uit Sy hart, wat
wil jy meer hê? As jy die wonderlike voedsame Manna kan eet, hoekom wil jy jou
gaan vergryp aan vleis wat eintlik vir afgode geoffer is? Hier is nou soveel interressante leesstof
(wat interressanter is as die Bybel, want satan sorg dat dit ons aandag trek)
op die mark en dit kom direk van die vyand af.
Wanneer jy dit eerder verorber i.p.v Manna, neem jy vleis in wat by die
bome aan Baal geoffer word! Jy gaan
geestelik sterf terwyl daardie vleis nog tussen jou tande sit, soos die
Israeliete. Sulke vleis (inligting) is
gewoonlik baie taai om te kou voor jy dit kan insluk. So jy gaan kou en kou en kou aan hierdie
"geheime" en tussentyd sluk jy solank al die sappe af wat die vleis
in jou mond afgee. Dit is gif!!! Dit gaan jou gees besoedel en vergiftig. En wanneer dit gebeur, stap HG weg uit jou
hart uit. Jy gees gaan dood van daardie
gif wat die vleis afgee. ASB bly weg van
snaakse leringe af. As jy dit nie in die
Bybel kan lees nie, los dit uit.
Openb
2:14: "Maar Ek het enkele dinge
teen jou: dat jy daar mense het wat
vashou aan die leer van Bileam wat Balak geleer het om 'n struikleblok voor die
kinders van Israel te werp, naamik om afgodsoffers te eet en te
hoereer." Dit is presies wat in
vandag se tye gebeur. Mense luister, en
neem die leer van Balak, aan, omdat hulle nie van hulle tyd opsy wil sit om te
gaan sit met die Woord van God en dit te bestudeer nie.
Openb
2:20: "Maar Ek het enkele dinge
teen jou; dat jy die vrou Isebel, wat
haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te VERLEI om te
hoereer en afgodsoffers te eet."
Hoeveel van hierdie profete is werksaam in die kerke? Maak seker die kerk waarheen jy gaan, word
nie ook deur 'n vals profeet, oftewel Isebel, beheer nie. Hulle gee aan die gemeente nie net vrot vleis
nie, maar vleis wat goed en lekker lyk waaraan die gemeente begin kou. Alhoewel
die kerke dit voorhou as Manna, dit is nie Manna nie, dit is vleis wat aan
afgode geoffer word. Hulle lok jou na 'n
ander paadjie toe, na 'n afdraaipaadjie toe.
Jy gaan God se pad verloor en verdwaald raak in die woud as jy agter
hulle leringe aanloop.
Vra elke
dag vir God om jou gees ontvanklik te maak vir die Manna en om jou kakebene te
sluit vir die offervleis. Vra vir God om
jou onderskeidingsvermoë te gee sodat jy dadelik sal besef wie die vyand is wat
jou lok met offervleis en sodat jy sal weet watter leringe van die vyand af
kom. Daar is baie leringe wat van
duiwels afkom, wat ook genoem word Manna, daarom is dit so belangrik dat God
jou onderskeidingsvermoë sal gee. En die
belangrikste is: vra vir God om jou self
te leer! Hy sal! As jy genoeg tyd insit met Sy Woord en in
gebed, sal God jou self kom leer, en die regte padbeskrywing vir jou gee.
Openb
2:17: "Wie 'n oor het, laat hom
hoor wat die Gees aan die gemeentes sê:
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna…" Maak seker jy kry van hierdie Manna in, en
nie van die offervleis nie, maak seker dit kom van God af en nie van 'n ander
bron af nie.
My skapies
In die
tyd wat die Here my hierdie geleer het, het een van my geliefste mak skapies,
Vetgesiggie, baie siek geraak. Ek is
verskriklik lief vir my skape, elkeen het 'n naam en ek ken elkeen uit aan sy
manier van mê. Hulle is soos honde, as
ek vir hulle fluit, dan kom hulle. EK
kan hulle vryf, hulle soen, doen net wat ek wil, so mak is hulle. Maar hulle vertrou nie ander mense nie, hulle
weet ek is lief vir hulle en hulle weet ek sal hulle nie seermaak nie.
Vetgesiggie
het te veel van 'n sekere kos geëet, sy was gulsig, en dit het die PH in haar
maagwande erg aangetas. Sy het soveel
pyn gehad en die inflammasie het haar kloutjies aangetas dat sy nie meer kon
loop nie. Ek het alles probeer om haar
gesond te kry, maar sy het te veel van die verkeerde kos geëet.
'n Week later is sy dood. En my
hart was stukkend en aan flarde. Ek het
in my hartseer vir die Here gevra: hoekom?
Hoekom kon sy nie gesond word nie?
En die Here het my geantwoord en gesê:
"My kind, ek verstaan jou hartseer oor 'n skapie. Jou skapie was gulsig en het meer gesoek as
net die goeie weiding wat uit My hand kom.
Die gulsigheid het gemaak dat sy haar vergryp en oorvreet het aan kos
wat nie van My af kom nie. Dit was te
veel, dit het haar vergiftig, die medisyne kon nie meer help nie, want die gif
was te veel. En sy is dood. Hoeveel van My kinders verloor ek ook elke
dag op so manier? Hulle wil nie nie eet
wat uit My hand kom nie - die Manna.
Hulle soek meer en lekkerder kos en vergryp hulle aan die kos wat die
vyand vir hulle hou. Dit vergiftig hulle
en maak hulle gees dood vir my. Ek gaan
dood vir hulle en hulle gaan dood vir My.
Hoe moet dit nie My hart breek nie?"
Toe die
Here dit vir my verduidelik, was my hart eers baie seer en ek het vir lank net
gesit en snik. Want dit is so! Hier huil ek my oë dik oor 'n skapie, maar
hoe moet die Here voel oor Sy verlore skape?
SY kinders waarvoor Hy so lief is wat verkies om hulle te vergryp aan
vleis wat die vyand vir hulle aanbied, i.p.v om net Manna in te neem wat God
vryelik vir ons gee? Dit is ons elkeen se eie keuse! Gaan jy op die Weg van God bly en jou
padaanwysings kry deur van God se Manna te eet?
Of gaan jy die lekker sappige stuk "steak" van die vyand op
die pad inneem en verdwaald raak in die
woud om jou padaanwysings dan by Baäl te kry?
No comments:
Post a Comment