Saturday, 30 November 2013

Soek die Koning se Hart

 
As jy 'n vrou is wat op soek is na ware liefde, soek eers die liefde van Jesus...  Daar is absoluut geen beter liefde as die liefde van die Koning nie...
 
As jy soek na die Koning se hart, SAL jy dit vind.  As jy belangstel om die Koning se hart te ken, sal Hy Hom deur jou laat ken.  En die Koning se hart is n hart van goud, dis die beste hart waarin jy jouself ooit sal bevind.  In Sy hart kan jy verdrink in Sy liefde, maar jy sal nie sterf nie.  As jy net een keer Sy hart van goud en die liefde wat daarin maalstroom beleef, sal jy nooit weer ander liefde soek nie.  Dis die enigste liefde wat ons waarlik liefhet.  Dis die enigste liefde wat jou gaan gelukkig maak, wat jou gaan wil laat sing en dans van vreugde.  Hierdie liefde laat jou vergeet van wereldse liefde want niemand op aarde kan jou so liefhe soos die Koning nie.  As jy net een keer vasgehou is in Sy teer, maar tog sterk arms, gaan jy nooit weer verlang na menslike arms nie.  Hierdie liefde laat jou blom, dit laat jou die soetste reuk nog ooit afgee, jy sal n “fragrant rose” word in die Koning se tuin.  Jy sal die skoenlappers lok en hulle sal om jou dwarrel en dans van plesier van jou mooie soete reuk.  Dis die reuk van Christus wat jy gaan afskei en jy kan dit net kry deur verlore te raak in die liefde van die Koning.  Jy sal oorloop van vreugde, want so in Sy liefde, salf Hy jou met vreugdesolie, maar alleenlik wanneer jy in Sy hart verlore is, wanneer jy verdrink in Sy liefde. Die Koning is mal daaroor dat jy vir Hom sing en dans, al het jy nie die mooiste stem nie, jy sal dalk nie Idols wen nie, maar jy sal die Koning se hart wen.  Wat meer wil jy he?
God vergelyk elke vrou met Ester.  Wanneer God jou hart soek, trek Hy jou nader deur liefde en genade.  Vir ons kan dit glad nie voel soos liefde en genade nie, want hierdie ” trek” van die Here gaan baie keer gepaard met baie seer en slegte omstandighede.  Net soos Ester wat weggeskeur is van haar liefdevolle oom Moredegai om deur die reinigingsproses te gaan, net so skeur die Here ons weg van sekere mense of dinge, maar dis om ons deur die reinigingsproses te sit.  Om die Koming se hart te kan sien, het ons eers nodig om vir n tyd deur die reiniging te gaan.  Dit is skoonmaak van binne af, dit is om alles voor God te bely, dis om die lelik van onsself af te le. En hoe meer ons ontslae raak van die lelik binne is, hoe mooier word ons.  Hoe meer ons ontslae raak van die selfsug binne ons, hoe meer gaan ons smag na die Koning. En hoe meer ons gaan smag om agter te kom wat die Koning gelukkig maak en wat Sy voorkeure en afkeure is.  Ons gaan n smagting begin ontwikkel om die Koning se hart te ken, en ons gaan gehoorsaam wil wees aan Hom.
En wanneer jy deur die reiniging is, gaan jy die Koning sien.  Ek kan jou verseker jy sal snak na jou asem die dag as jy Sy Heerlikheid aanskou, die dag as jy Sy liefde ervaar wat deur jou gaan spoel.  Jy sal nooit weer dieselfde mens wees nie.  Die lig sal begin skyn vir jou, die son sal deurbreek deur die donker wolke en jy sal die glorie van die Here van die leerskare aanskou.  Wat n dag!!!
Jer 29:13:  ” When you look for Me, you will find Me.  When you wholeheartedly seek Me, I will let you find Me.”
2Chronicles 16:10:  ”Let the hearts of those who seek the Lord rejoice. Search for the Lord and His strength, always seek His presence.”

No comments:

Post a Comment