Saturday, 30 November 2013

Working in the orchard of the Lord


Col 1:10 (Message):  "We pray that you'll live well for the Master, making Him proud of you as you work hard in His orchard."

(Ampl):  That you may walk in a manner worthy of the Lord, fully pleasing to Him and desiring to please Him in all things, bearing fruit in every good work and steadily growing and increasing in and by the knowledge of God"

 

Niks gaan ooit in ons lewens net reg uitwerk nie, daar gaan altyd struikelblokke en klippe in ons pad wees.  Maar wanneer ons leer om dit vir God te gee en dit nie met bekommernis self uit te sorteer nie, sal ons dit oorkom.

Philip 4:6 (Message):  "Don't fret or worry. Instead of worrying, pray. Let petitions and praises shape your worries into prayers, letting God know your concerns. Before you know it, a sense of God's wholeness, everything coming together for good, will come and settle you down. It's wonderful what happens when Christ displaces worry at the center of your life."

 Moenie jou fokus sit op die klippe in jou pad nie, lig jou oë op na God en sien die reënboog oor jou pad raak wat al die beloftes inhou wat God vir jou wil gee.  En wanneer jy dit doen, stap jy in geloof en gaan jy God behaag.  En Hy sal jou klippe uitsorteer of jou help om dit te oorkom.  Dan begin jy 'n vrug dra omdat jy in geloof en in gehoorsaamheid aan Hom, stap.  Die Here sal jou krag gee om selfs die ergste struikelblokke te oorkom sodat jy dit nogsteeds met blydskap sal oorkom - Joy!

As jy so in geloof stap, gebeur die volgende in die Gees (ek gebruik die voorbeeld van 'n amandelboom) - jou geloof is die daad, jou gehoorsaamheid aan God, dit wys aan God jy stel Hom bo jou probleme , jy laat nie jou probleme tussen jou en God kom staan nie, maar jy gee dit elke dag aan Hom.  Jou geloof maak dat die amandelbloeisel omsit in 'n neut, 'n  blydskapsvruggie.  Wanneer hier genoeg neute geproduseer is deur jou geloof, word dit bymekaargemaak en 'n olie word daarvan gemaak wat in 'n kruik gegooi word.  Dit is vreugdesolie waarmee God jou gaan salf en alles wat jy vir Hom gaan doen, sal God se salwing hê.  Want dit kom van die olie wat weer van die vruggie afkom, wat weer ontstaan het uit jou geloof.  Jou kruik van vreugdesolie moet oorloop!

Nou sal jou probleme jou nie onderkry nie, want jy kry jou krag by God, jy het geleer om al jou struikelblokke en klippe in God se hand te plaas.  Jou kruik van vreugdesolie loop oor, so jy hanteer alles in vreugde.  Paulus was soveel keer in die tronk gegooi, maar hy het net die mooi en die goed daaruit raakgesien.  Selfs in sy donkerste tye, het hy nooit die negatiewe raakgesien nie, maar in vreugde, in JOY, die Here geëer daarvoor, en 'n manier gekry om eerder God se Woord daar in die donkerte te verkondig.  Lees gerus Fillipense oor Paulus se JOY!

Dit is wat ware JOY is - om selfs in jou donkertste tye met vreugde God te verkondig deur jou mond, deur jou optrede en jou lewe.  Op hierdie manier skyn jy vir God.  Ons moet skyn in hierdie donker wêreld en ons kruik van vreugdesolie moet oorloop na ander toe. 

Die Skrif in Kolossense was 'n groot bevestiging van dit wat die Here kom leer het.  Hy het in die Gees onder gebed my in 'n amandelboord ingeneem en gewys hoe die amandelbloeisels omgesit het in neute.  Die engele dra groot rottangmadjies waarin hulle die neute ingooi.  Dan neem hulle dit na 'n baie groot plek waar klomp ander engele werk.  Daar is geen masjienerie nie, net die engele wat die werk doen.  Hulle haal die neut uit sy dop uit en maak die neut tot olie wat dan gevat word en in 'n groot kruik gegooi word.  Dit is die vreugdesolie. 

Dit het begin deurdat ons glo in al die beloftes wat God vir ons gee, ons stap in geloof saam met God op die pad.  Hierdie geloof het gemaak dat ons begin blom het vir God en die blom het omgesit in 'n amandelneut.  Ons begin dan vrug dra vir God.  Die HG sê toe ek moet Kolossense gaan lees.  Toe ek oopmaak in die Message  by Colossians, is die opskrif: "WORKING IN HIS ORCHARD!" 

Col 1:6:  "The Message bears fruit and gets larger and stronger, just as it has in you.  From the very first day you heard and recognized the truth of what God is doing, you've been hungry for more.  7  It's as vigourous in you now as when you learned it…"  

10  "We pray that you'll live well for the Master, making Him proud of you as you work hard in His orchard.  As you learn more and more how God works, you will learn how to do your work." 

11  "We pray that you'll have … the glory-strength God gives,  It is strength that endures the unendurable and spills over into joy, thanking the Father who makes us strong enough to take part in everything bright and beautiful that he has for us."

Col 2:6,7:  "You received Christ Jesus, the Master;  now live Him.  You're deeply rooted in Him.  You’re well constructed upon Him.  You know your way around the faith.  Now do what you've been taught.  Schools out;  quit studying the subject and start living it.  And let your living spill over into thanksgiving."


Philippians 4:4-7 (GWT):  ALWAYS BE JOYFUL IN THE LORD!  I'll say it again:  BE JOYFUL!  Never worry about anything.  But in every situation let God know what you need in prayers and requests while giving thanks.  Then God's peace, which goes beyond anything we can imagine, will guard your thoughts and emotions through Christ Jesus." 

 

 

 

 

 

 

 

  

 

No comments:

Post a Comment